Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 47

ADVERTENSIE-ARTIKEL

saaklik geword om doeltreffende filtreerstelsels te gebruik.” Dit is maklik om te verstaan waarom. Wanneer watergehalte, stelselprestasie en insetkoste onder druk is, kan swak filtrering die doeltreffendheid van’ n hele besproeiingstelsel benadeel.

Die behoefte aan slimmer waterbestuur maak ook outomatisering al belangriker. Met die regte tegnologie kan produsente water en voeding meer akkuraat bestuur, ook oor groot oppervlaktes en uiteenlopende grondtoestande heen. Dit help om besparing te bevorder sonder om produksie in te boet.

Elke druppel tel

Die druk op water, insetkoste en opbrengs gaan nie afneem nie. Inteendeel, produsente gaan net meer presies moet werk. Dit is waarom maatskappye soos Agriplas relevant bly: nie net omdat hulle produkte vervaardig nie, maar omdat hulle deel is van die groter gesprek oor slimmer, meer volhoubare watergebruik.

Met’ n lang geskiedenis in die bedryf,’ n sterk plaaslike vervaardigingsbasis en produkte wat nou oor’ n nog wyer mark beskikbaar is, bly Agriplas’ n bekende naam in Suid-Afrikaanse besproeiing. En in’ n tyd waar elke druppel letterlik tel, is dit nie’ n klein rol nie.

Nuwe eienaars, nuwe era

Agriplas is nou deel van Sana-Partners,’ n groep wat ook maatskappye soos Brenn-O-Kem en Lake International insluit. As’ n gevestigde handelsmerk met diep wortels in plaaslike vervaardiging en besproeiingsoplossings, is Agriplas-produkte wyd beskikbaar by landbouwinkels, koöperasies en besproeiingshandelaars.

APR 2026 GROND TOT MOND 47