ADVERTENSIE-ARTIKEL
Daardie klem op presisie is belangrik. In moderne boerdery gaan dit nie net daaroor om water te gee nie, maar om dit op die regte tyd, in die regte hoeveelheid en met die regte infrastruktuur te doen.
Plaaslik vervaardig, prakties ondersteun
Een van Agriplas se sterkste onderskeidende eienskappe bly die feit dat’ n groot deel van sy reeks plaaslik vervaardig word. Dit beteken beter beheer oor gehalte, goeie naspeurbaarheid en vinniger ondersteuning wanneer produsente of besproeiingsontwerpers hulp nodig het.
By die vervaardigingsaanleg in die Kaap word groot volumes rou materiaal verwerk, terwyl miljoene mikrospuite jaarliks saamgestel word. Die fabriek werk met streng gehaltebeheer en naspeurbaarheid, en maak ook gebruik van herwonne materiaal in sekere produkte.
Onder: Nagenoeg 30 miljoen meter drupperpyp word jaarliks deur Agriplas se aanleg in Brackenfell vervaardig.
MRT APR 2026 GROND TOT MOND 45