Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 43

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Dit is presies waar Agriplas oor dekades heen sy plek in die mark gevestig het. Die maatskappy, wat sy oorsprong in 1968 gehad het, het ontwikkel tot een van Suid-Afrika se bekendste vervaardigers en verspreiders van besproeiingstoerusting. Vandag bedien Agriplas produsente in Suid-Afrika én in ver-skeie lande in Suider-Afrika vanuit sy hoofkantoor in Brackenfell, vervaardigingsaanleg in Stikland, en verspreidingspunte in Nelspruit en Centurion.

Wateroplossings vir moderne boerdery

Agriplas se produkreeks dek byna die volle besproeiingswaardeketting. Dit sluit onder meer polietileenpype, plastiese mikrospuite, druppers en drupperlyne, drukkompenserende produkte, spreiers vir verskillende toepassings, klap- en hangspuite, vloeireguleerders, filters, pompe, kleppe, outomatiseringstoerusting en toerusting vir fertigasie en kunsmis-toediening deur die besproeiingstelsel in. Daarby bied die maatskappy ook grondvog-

Onder: Verskillende tipes plastiese kleppe maak’ n groot deel uit van die produkte wat Agriplas bemark.

MRT APR 2026 GROND TOT MOND 43