almal dat jy water ernstig opneem.”
’ n Slim plaas begin by’ n slim besproeiingsontwerp
Maak gebruik van SABI ontwerpers om jou besproeiingstelsel te ontwerp volgens SABInorme en die Etiese Kode. Dit verseker die beste gebruik van water en optimale bestuur van jou hulpbronne.
’ n Goeie besproeiingstelsel begin by’ n goeie ontwerp. Baie boere spandeer groot bedrae aan infrastruktuur, maar as die stelsel nie korrek ontwerp is nie, kan dit tot swak waterbenutting, onnodige elektrisiteitskoste en laer opbrengste lei. Daarom is dit noodsaaklik om van’ n gekwalifiseerde en ervare besproeiingsontwerper gebruik te maak wat die plaas se unieke omstandighede, gewasse, grondtipe, topografie en beskikbare waterbronne verstaan.
FEB 2026 GROND TOT MOND 37