BROKKIES | NUUS
Wanneer die weer nie meer gemiddeld is nie
Van siektedruk en korter spuitvensters tot slimmer besproeiing:’ n nuwe streekweerprojek wys hoe plaasvlakdata boere kan help om vinniger en beter op klimaatsrisiko te reageer.
Villa Crop Protection het in April sy eerste Villa Regional Weather Report Conference in Kaapstad aangebied, met een duidelike tema in die middel van die gesprek: boere kan nie meer bekostig om op algemene weerberigte staat te maak wanneer toestande al hoe meer onvoorspelbaar raak nie. Die konferensie het die Villa Regional Weather Report Project uitgelig,’ n inisiatief wat oor die afgelope twee en’ n half jaar ontwikkel is en voortbou op’ n sesjarige vennootskap rondom klimaatslim landbou.
Bo: Marius Boshoff, besturende direkteur van Villa Crop Protection.
APR 2026 GROND TOT MOND 29