Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 28

NUUS | BROKKIES

nie een-tot-een dieselfde as vars vrugte nie, maar dit pas by’ n tydperk waarin vrugte-gekoppelde kategorieë minder inflasionêr as warm drankies of vleis was.

Desember se prentjie is nie die hele jaar nie

Een van die nuttigste lesse in die verslag is dat mens versigtig moet wees om te veel uit net Desember af te lei. Die syfers wys self hoe’ n maand se prentjie van die jaar s’ n kan verskil. Amasi was byvoorbeeld oor die jaar 6,0 % hoër in volume, maar in Desember self 3,6 % laer as in Desember 2024. Gegeurde melk was oor die jaar 0,4 % hoër, maar in Desember 3,7 % laer. Kortlewe-sap was oor die jaar 0,2 % hoër, maar in Desember 4,1 % laer. Tee was oor die jaar net 0,3 % hoër, maar in Desember 8,1 % hoër. Dit is’ n sterk aanduiding dat seisoenaliteit, promosies, weer, vakansiepatrone en die tydsberekening van inkopies waarskynlik’ n rol speel in hoe’ n maand uitslaan. Die verslag sê self dat verkoops- en prystendense betekenisvol oor selfs’ n paar maande kan verander.

Wat boere en die waardeketting hieruit kan lees

Die verbruiker se trollie is nie staties nie, maar dit is ook nie willekeurig nie. Daar agter lê’ n mengsel van plaaslike oesomstandighede, invoerblootstelling, wêreldmarkte en seisoenale koopgedrag.

Rys was goedkoper omdat die wêreld in 2025 met ruim voorrade gesit het ná’ n rekord wêreldoes, veral in Indië, terwyl die opheffing van uitvoerbeperkings meer rys op die wêreldmark beskikbaar gemaak het; en omdat Suid-Afrika grootliks van ingevoerde rys afhanklik is, het dié laer internasionale pryse ook plaaslik tot laer winkelpryse deurgesyfer.

28 GROND TOT MOND APR 2026