Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 15

BROKKIES | NUUS

Die projek het op vele vlakke waarde. Indringerplante bly een van die grootste bedreigings vir strategiese waterbrongebiede in Suid-Afrika. Waar hulle verwyder word, word waterbronne beter beskerm en die gevaar van veldbrande verminder. In Elandskloof is sowat 8,5 ha skoongemaak as deel van hierdie proses.

Maar wat hierdie projek besonders maak, is dat die herstel van die landskap hand aan hand loop met die opbou van die gemeenskap. Vyf mense uit Elandskloof is opgelei om die stene te maak, en altesaam 18 000 stene is oor vier weke vervaardig vir die 8 m x 8 m-gebou. Dit beteken die nuwe sentrum is nie net vir die gemeenskap opgerig nie, maar grootliks ook deur hulle eie hande moontlik gemaak.

Die binnekant wys die projek se kenmerkende gewelfde dakstelsel,’ n ontwerp wat minder staal en beton verg en 75 % laer koolstofvrystellings as’ n gewone betonplatslab het.
APR 2026 GROND TOT MOND 15