Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Seite 14

NUUS | BROKKIES

Waar wattels eens gewoeker het, staan nou hoop

Op Elandskloof,’ n gemeenskapseiendom naby Citrusdal, het onlangs iets besonders verrys:’ n nuwe gemeenskapsentrum, gebou uit die biomassa van indringerbome.

Dit is die soort storie wat verder strek as bakstene en mure. Dit gaan oor herstel, oor waardigheid en oor die slim benutting van iets wat gewoonlik net as’ n las beskou word.

Die boustene wat vir die sentrum gebruik is, is gemaak van swartwattel wat van die plaas se rivierlope verwyder is. Nadat die bome gekap en verwerk is, is die materiaal met’ n spesiaal ontwikkelde bindmiddel gemeng om’ n laekoolstof-boumengsel te vorm. Die resultaat is gewone grootte boustene met’ n buitengewone herkoms.

Van links is Jim Martin, Maureen Visagie en Andrew Lord by die voltooide gemeenskapsentrum in Elandskloof. Die 8 m x 8 m- gebou is met 18 000 stene uit verwerkte swartwattel opgerig.
14 GROND TOT MOND APR 2026