Graslander Uitgawe 4: Lente | Page 4

ARTIKEL GRASLAND VIER 50 GLORIERYKE JARE Grasland vier vanjaar hulle 50ste bestaansjaar en daar is so bietjie in die geskiedenisboeke gaan loer na van die belangrikste mylpale in hierdie suksesvolle halfeeu. - 1967 TOT 2017 Die kalsitiese kalkgroewe by Wagendrift Direksie van Grasland - 1992 Die begin (1967-1977) • Grasland Saad en Kunsmis word gekoop van LM Nywerhede in Bothaville. • Grasland Ondernemings (Edms) Bpk is gestig op 23 November 1967, met ʼn uitgereikte aandelekapitaal van R102-00. • Die eerste aandeelhouers van Grasland Saad Verspreiders was CJ Labuschagne en LG Labuschagne, boere wat onderskeidelik 34 aandele in die maatskappy besit het. • JS Marais tree op as maatskappysekretaris. • 13 September 1971 word ʼn spesiale besluit geneem dat Grasland Saad en Kunsmis Verspreiders se naam verander na Grasland Ondernemings. • Die eerste bestuurder was Thys Basson. Basson is in 1972 deur Lappies Labuschagne, stigter van LM Nywerhede en Grasland Saad en Kunsmis, as bestuurder van Grasland Ondernemings op Bothaville aangestel. • Met Basson wat sy dienste aan die einde van April 1974 beëindig het, word Piet Prinsloo as hoofbestuurder van Grasland Ondernemings aangestel. Faantjie Labuschagne is as die eerste voorsitter van Grasland aangestel. • In hierdie tydperk is Buhrmannsdrif myn vanaf Mafikeng Marble gekoop en Immerpan, wat naby Potgietersrus geleë is, is deur ʼn mynhuurkontrak bekom. Nuwe kalkbronne en grootskaalse geologiese opnames (1978 tot 1985) • In hierdie tydperk is daar grootskaalse geologiese opnames gedoen in ʼn soeke na nuwe kalkbronne. 2 Graslander September 2017 • Britten myn word van Sentramark aangekoop. • Wagendrift naby Buhrmannsdrif, sowat 50 km vanaf Lichtenburg, word van die Beyers familie aangekoop. • Grasland verhuis aan die einde van die 1970’s na Lichtenburg om nader aan die verwerkingsaanlegte te wees en huur ʼn perseel in die middedorp. • In 1982 verhuis Grasland na hulle nuwe kantore te Danielstraat. • Grasland se logo word in 1983 herontwerp van slegs die geskrewe Grasland Ondernemings (Edms) Bpk tot ʼn groen logo met ʼn G vir Grasland en ʼn O vir Ondernemings met die O wat ingeweef is in die G. • • • • word in 2011/12 van Witkop Fluorsparmyn gekoop. Dr Pieter Haumann tree in 2015, na 20 jaar diens, af. Die nuwe Grasland handelsmerk word in Augustus 2015 bekendgestel. Etienne Schoeman begin sy termyn as besturende direkteur van Grasland in 2015. Grasland verskuif op 1 Septemer 2015 na hul nuwe kantore binne die Senwes gebou in Klerksdorp. Grootskaalse opgraderings van aanlegte en myntoerusting vind plaas, koste word verlaag en 1986 tot 1997 • ‘n Afnemerooreenkoms met Lyttelton Dolomiet word in 1987 beding. • Grasland vier hulle 25 jarige bestaan in 1992. • Piet Prinsloo tree in April 1995, na 21 diensjare af. • Dr Pieter Haumann begin sy termyn as hoofbestuurder in 1995. 2001 tot 2017 • Die Lovedale depot, 5 km wes van Lichtenburg word in 2002/03 geopen nadat dit van Lafarge Sement gekoop is. • Die opgradering van Britten vind in 2008/09 plaas en addisionele produksiekapasiteit word geskep. • Die Marico myn, waar Grasland ʼn afnemerooreenkom