WELKOM
Inhoud
CONTENTS
Welkom p.1
Grasland Vier 50 Glorieryke Jare p.2
Grondsuurheid Op Verskillende
Gronddieptes : Resultate en
Oplossings in Vrystaat En
Noordwes p.4
An Evaluation Of Lime
Requirement Methods Used For
South African Soils p.5
Sit Jou 3D-Bril Op - En Grawe ‘n
Gat
p.6
Ontmoet Ben Krog – Die nuwe
Groep Bemarkingsbestuurder van p.7
Grasland
Jeanine nou logistieke
koördineerder by Grasland
Bekalking Suig Die Agterste
Speen
p.7
p.8
– Die nuwe Groep
Bemarkingsbestuurder van Grasland
GRASLAND
50 EN NIE UIT NIE...
D
it is weereens vir Grasland ‘n voorreg om ‘n publikasie van die
Graslander bekend te stel. En dié keer is dit nie sommer enige
uitgawe nie – ons gaan kyk bietjie wat het die afgelope 50 jaar ge-
beur, want soos meeste rolspelers weet, is dit Grasland se vyftigste
verjaarsdag in November 2017. Gaan kyk gerus op bladsy 2-3 na die hooftrekke
van die afgelope 50 jaar.
Die tempo waarteen ondergrondsuurheid vererger in Suid-Afrika is kommer-
wekkend en die Graslander het gaan ondersoek instel. Sien wat dr Jan Strydom
te sê het op bladsy 4 oor die beperkende faktore van wortelgroei en ontwikke-
ling in Vrystaat en Noordwes se landbougronde en wat ‘n moontlike oplossing
hiervoor is.
Verder het Grasland ook gaan kyk na wat die optimale kalk aanbevelingsmodel
vir Suid-Afrikaanse landbougronde is. Gaan lees meer oor dié interessante MSc
Agric navorsing op bladsy 5. Verder stel ons ook twee nuwe personeellede be-
kend – Ben Krog Grasland se nuwe Groep Bemarkingsbestuurder en hy bring
ons weer terug na die “basics” in sy artikel op bladsy 6; asook Jeanine Saun-
derson wat vanaf Augustus aangestel is in die rol as Logistieke Koördineerder,
waar sy onder meer verantwoordelik is vir logistieke vir ons talle klante wat ook
tenders insluit. Sien bladsy 7 vir meer inligting hieroor.
Martiens du Plessis vertel op bladsy 8 dat baie boere kalk uitstel en dat dit ‘n
wydverspreide probleem is. Hy verduidelik wat die implikasie hiervan is en
onder watter omstandighede dit wel gedoen kan word, maar wys ook uit waar
produsente die streep moet trek.
Sterkte aan almal en hoop dat die seisoen weer vir ons goeie reëns sal bring
Etienne Schoeman
BD Grasland
Graslander
September 2017
1