Flink Oktober 2023 55 | Page 7

Paul Kruger het by hierdie vergadering gewaarsku teen oorhaastige oorlog met die Britte . Daar moes eers verder onderhandel word . Daardie aand het Kruger stilletjies in die donker tussen die tente rondgeloop om te hoor wat die burgers van sy waarskuwing gedink het .
By een kampvuur is swaar beskuldigings teen hom geslinger dat hy ' n verraaier sou wees of dat sy planne dwaas is . Paul Kruger het nie na die burgers gestap om sy eer te verdedig nie . Hy was daarenteen hoogs tevrede en het terug na sy tent gestap . Daar het hy God gedank dat sy volk so vasbeslote was om hulle vryheid te herwin . ' n Volk wat haar vryheid so maklik verloor het , is ' n lelike slag , maar dit sou ' n onoorkomelike slag wees as hulle gedink het dat hulle daardie vryheid nie kon herwin nie .
Die ZAR se vryheid moes uiteindelik met die wapen herwin word tydens die Eerste Vryheidsoorlog . Paul Kruger is daarna vier keer as staatspresident van die ZAR ingesweer . Op 12 Mei 1898 , minder as twee jaar voor die Tweede Vryheidsoorlog , praat hy tydens sy vierde inswering op ' n vaderlike manier met sy mense van die balkon van die Volksraadgebou af .
Hy sê onder andere : “... in die besonder sal ek by die noodsaaklike vooruitgang gedurig my oog daarop hou dat die onafhanklikheid van die land nie in die minste in gevaar gestel word nie ...” Hy vervolg : “ want ek sal ' n oordeel oor my haal as die onafhanklikheid deur my geskend word : immers , God het ons sigbaar gelei sodat die blindste heiden en die ongelowigste skepsel moes erken dat dit alles God se hand was wat die onafhanklikheid aan ons geskenk het ” ( sien Bergh , 2017 ).
Maar die ou president het dikwels die vertroue uitgespreek dat die Here hulle onafhanklikheid sou teruggee . Die volk moes hulle net verootmoedig voor God se almag .
Met die republiekwording van 1961 is die volk se vryheid in ' n groot mate herstel , hoewel die suiwer bedoeling van die Boererepublieke nie tot sy volle reg gekom het nie . Die Afrikaner het die vryheid van 1961 weer in 1994 verloor . Dit was ' n groot slag , maar soos reeds gesê , daar is iets erger as ' n volk wat haar vryheid verloor het . Dit is ' n volk wat dink dat hulle nie meer vry kan wees nie . Dis die ergste wanneer ' n volk dink dat dit onmoontlik geword het om hulle vryheid te herwin .
Daar in die Bo-Karoo lê ' n dorp teen die walle van die Oranjerivier waar die inwoners vasbeslote is om die Afrikanervolk se vryheid te herwin . Dit moet ' n vryheid wees waarin God verheerlik word op elke terrein van die volkslewe , soos Paul Kruger dit ook verstaan het . Hierdie beskouing van vryheid is ' n republikeinse vryheidsideaal wat meer as ' n begeerte is , dit is ' n gawe , maar ook ' n opgawe .
Afrikaners het in Orania ' n begin gemaak om hierdie gawe te ontvang en om hierdie opgawe te gehoorsaam . Mag die Here dit in sy onbeskryflike genade gee dat Afrikaners , soos Paul Kruger eertyds by Wonderfontein , Hom sal dank dat ons volk weer vasbeslote geword het om hulle vryheid te herwin . Mag Hy dit gee , want net Hy kan dit gee .
Ronald Bain ( VDM ) Orania
Kruger het geglo dat dit die Here was wat hulle onafhanklikheid aan hulle gegee het . Dit was Hy wat hulle daartoe gelei het . Daarom was die onafhanklikheid van sy volk nie eerstens ' n saak van die volk se wil nie , maar ' n saak van God se wil .
Daarom : as hy die volk se vryheid sou verkwansel , vir vooruitgang , materiële voorspoed of wat ook al , sal hy die oordeel van die Here oor hom bring . Hulle vrye republiek was ' n gawe , wat vir niks op aarde verruil mag word nie . Maar dit was ook ' n opgawe . Dit was ' n opdrag en roeping om ' n republiek te hê . Hermann Giliomee ( 2004 ) skryf oor Kruger : “ Behalwe die Calvinisme was Kruger se vernaamste beginsel die ZAR se republikeinse vryheid , wat hy tot elke prys wou verdedig .”
Hierdie vaste geloofsoortuiging wou nie buig voor Groot- Brittanje se goudlus en magsbeheptheid nie . Sodoende het die Boere hulle vryheid , na ' n bitter en eervolle stryd , verloor met die einde van die Tweede Vryheidsoorlog . Die ou president sterf in die buiteland – twee jaar nadat die Boere se twee vrye republieke ook gesterf het – aangesien hy geweier het om die eed van getrouheid aan die Engelse koning af te lê .
Vanuit Kruger se korrespondensie , daar in die vreemde , word dit nogmaals duidelik dat hy volksvryheid as God se genadegawe beskou . Hy gee dit en Hy kan dit ook neem .
Oor die skrywer : Ronald Bain het grootgeword in Pretoria . Nadat hy diensplig verrig het , het hy aan die eertydse PU vir CHO studeer . Hy is in 1999 as predikant bevestig en het die Woord van toe af in verskeie gemeentes in die land bedien . Tans is hy as Woordbedienaar bevestig in die Gereformeerde Kerk Oranjerivier in Orania .
LEES VERDER : Bergh , J . S . 2017 . Paul Kruger . Toesprake en Korrespondensie van 1881-1900 . Protea Boekhuis . Pretoria , pp . 418-419 .
Giliomee , H . 2004 . Die Afrikaners . ' n Biografie . Tafelberg . Kaapstad , p . 127 .
AFRIKAANS
6