Flink Oktober 2023 55 | Page 6

DINK

Geroep om ons

vryheid te herwin

p 22 Januarie

O1877 kom Theophilus Shepstone Pretoria binnegery , met ' n klein afdeling van vyf en twintig man . Hy was van voorneme om die Zuid-Afrikaansche Republiek ( ZAR ) vir Groot- Brittanje te annekseer . Hy het nie veel weerstand ervaar nie .

Daar was volgens Shepstone wel ' n leier wat volstrek geweier het om in enige onderhandelinge te tree wat die onafhanklikheid van die Republiek sou raak . Hierdie man was ' n seun van die Groot Trek wat die Voortrekkers se stryd om vryheid en die stigting van die Boererepublieke eerstehands meegemaak het . Sy naam was Paul Kruger .
Groot-Brittanje het egter sy sin gekry en die ZAR is sonder slag of stoot ontbind . Aanvanklik het dit gelyk of die Boere hulle vryheidsideaal prysgegee het , maar in Desembermaand van 1879 vergader die burgers van die ontbinde republiek by Wonderfontein , net buite Potchefstroom .
5 AFRIKAANS