Flink Oktober 2023 55 | Page 20

GESKIEDENIS

Tant Siena , almal se tante

Anna Kruger sterf onverwags in 1846 en nou hang Paul Kruger hoed op by die 15-jarige Siena du Plessis . Minder as twee maande na Anna se dood trou die twee , Paul sit immers met twee kleine kinders wat versorg moet word . Uit hulle huwelik , wat uiteindelik 55 jaar lank sou duur , word 15 kinders gebore .
oor 1994 was 10 Oktober , die

Vverjaardag van president Paul Kruger , een van die belangrikste vakansiedae op ons kalender . In later jare is dit dikwels ook “ Heldedag ” genoem en tot hierdie dag herdenk die Afrikanervolk die geboorte en lewe van een van die merkwaardigste seuns van sy volk . Ons skryf elke jaar oor oom Paul , net soos tientalle ander forums op die sosiale media en net soos honderde van sy getroue en volkstrotse bewonderaars .

Op Boekenhoutfontein leef tant Siena stil en bestuur haar huis en haar gesin soos dit betaamlik is vir ' n Boervrou . Prof . Jan Lion Cachet skryf oor haar : “ Tant Siena , soos sy genoem is , was ' n tipe van die ou Afrikaanse vrou – sag , eenvoudig , gasvry , vriendelik en tog so sterk in die geloof .” Die tekens van haar handewerk is vandag nog op Boekenhoutfontein sigbaar en ' n mens kan nie help om te lag vir die koningsblou mure van die hoofslaapkamer nie . Tant Siena was vas oortuig daarvan dat dit die vlieë uit die huis sou hou !
Daar is net twee dinge wat haar lewe ongemaklik maak – sy sukkel van jongs af met haar gesondheid . Haar hart lol , artritis keil haar op en die ou bloeddruk wil net nie laat staan nie . Meer as een keer draai sy by die dood om , maar sy byt vas en staan elke keer weer uit die siekbed op .
Die een mens oor wie daar hopeloos te min geskryf word , is tant Siena , die president se getroue , liefdevolle en karaktervaste steunpilaar vir meer as ' n halfeeu .
Sy was ' n nooi Du Plessis van Burgersdorp se kontrei – een van die nege kinders van Jan Adriaan du Plessis . Gezina Susanna Frederika Wilhelmina noem hulle haar toe sy op 5 Mei 1831 gebore word . Sy is ' n kleinding van skaars drie jaar oud toe Jan Adriaan en sy vrou hulle wa laai en die Kolonie verlaat saam met die trek van Andries Hendrik Potgieter . Dit is op hierdie trek waar sy Paultjie leer ken – hy is ses jaar ouer as sy . Die twee is van kleins af maats , maar wanneer Paul se hakskene begin rooi raak , is dit na Gezina se niggie , Anna Maria Etresia du Plessis wat hy gaan vry . Gezina is een van die strooimeisies by hulle huweliksbevestiging en sy is ook teenwoordig wanneer die eerste twee Kruger-kinders gedoop word .
Tant Siena en die president
19 AFRIKAANS