Flink Oktober 2023 55 | Page 19

Akademia-alumnus : Akademia is die ware noord op my loopbaanreis

Akademia-alumnus , Ernst Visagie ( 45 ), kan heelhartig daarvan getuig dat die pad na beroepsukses nie altyd duidelik gekarteer is nie . Die reis na beroepsvervulling en -sukses word dikwels gekenmerk deur onverwagte kronkelpaaie en onervare terreine . Visagie is dit egter eens dat sy gehalte Akademia-kwalifikasie ( en die fundering wat daarmee gepaard gaan ) vir hom as ware noord gedien het in tye van onsekerheid .
As BCom- ( Ondernemingsbestuur- ) alumnus het Visagie se loopbaanreis in 2018 ' n opwindende koers ingeslaan toe hy besluit het om sy arbeidspotensiaal te verbeter deur as nauurse afstandstudent by Akademia aan te sluit . Hy het op dié kwalifikasie besluit omdat dit die weg vir hom sou baan om genoegsame programkrediete te verdien om uiteindelik sy passie vir projekbestuur verder te kan verken . “ Die nauurse afstandmodel was ' n natuurlike keuse omdat ek myself reeds in die werksmag bevind het en gesinsverantwoordelikhede gehad het om na te kom ,” vertel Visagie . Hy voeg by dat dié model hom die vryheid en gevolglike selfvertroue gegee het om sy verpligtinge op ' n gebalanseerde manier aan te pak . opwindende nuwe rigtingwyser op Visagie se beroepsreis . Gedagtig aan sy studiedroom van destyds , verteenwoordig dié nuwe geleentheid ook ' n volsirkeloomblik , en is Visagie opgewonde om by Akademia in te skryf vir die Gevorderde Diploma in Projekbestuur .
“ Ek is Akademia ewig dankbaar vir die impak , akademies en persoonlik , wat dié instelling op my lewe gehad het . Ek kyk anders na die lewe en ek ervaar eerstehands hoe ' n gehalte kwalifikasie jou lewe kan verander , ongeag die vele uitdagings van die dag ,” sê Visagie .
Akademia is trots op sy oudstudente en dit is verblydend om te sien hoe lede van die alumni-gemeenskap hul drome veerkragtig najaag . Die instelling hou Visagie se beroepsreis met afwagting dop .
Indien jy belangstel om die Gevorderde Diploma in Projekbestuur te studeer , woon gerus die aanlyn inligtingsessie op Donderdag 2 November by om 18:00- 19:30 . Klik hier vir meer inligting .
Gewapen met sy nuutverworwe kwalifikasie het Visagie in 2021 met groot ywer na nuwe werksgeleenthede gesoek , maar is ontnugter gelaat deur die verlammende impak van die koronaviruspandemie op die arbeidsmark . “ Danksy die Akademia-begronding was ek toegerus om met denke en hart na die groter prentjie te kyk en te besef dat ek vir eers ' n wyle op my huidige beroepsreis moes vertoef . Ja , ' n mens word soms gefrustreerd as jy die harde werk ingesit het en dinge nie vir jou uitwerk nie , maar daar is altyd ' n groter doel en ' n plan en as rentmeester van dié belofte moet jy nooit moed opgee nie .”
Visagie meen die waarde van sy kwalifikasie het selfs meer na vore getree toe sy huidige werkgewer vanjaar ' n maatskappy wye afleggingsproses ( Artikel 189-proses ) gevolg het . Tydens dié proses het ongeveer 2 000 mense , of 15 %, van die bestaande werksmag die gevaar geloop om hul werk te verloor . “ Tydens hierdie baie spanningsvolle tydperk het my kwalifikasie as ' n professionele buffer gedien ,” verduidelik Visagie en voeg by dat hy nie net van die aflegging geskans was nie , maar ook die geleentheid gebied is om homself in die projekbestuursafdeling te vestig . Laasgenoemde verteenwoordig weereens ' n
Ernst Visagie meen sy Akademia-kwali�kasie stel hom in staat om veerkragtig op die uitdagings van die beroepswêreld te reageer .
AFRIKAANS
18