GESKIEDENIS
VEGKOP
VAN 1836 TOT VANDAG
“ In ' n moderne wêreld is dit ongelooflik belangrik om ons land se monumente en museums te besoek .” Só vertel Corné van der Merwe , geskiedenisliefhebber en direksielid van die Vegkopslagveldterrein .
“ Om ons land se monumente te besoek , herinner ons aan ' n belangrike gebeurtenis of persoon wat ' n groot impak op ons geskiedenis gehad het . Dit gee mens ook leiding ; dit leer mens hoe om ' n beter toekoms te bou .”
Dit is ook met hierdie filosofie wat die bestuur en ondersteuners van Vegkop al vir jare al die geskiedenis van die Groot Trek oorvertel en bewaar .
Soos FA van Jaarsveld vertel het :
“ As ' n volk sy geskiedenis verwaarloos , verdwyn sy bodem onder hom uit .”
Talle historici meen die belangrikheid van Vegkop tydens die Groot Trek word dikwels onderbeklemtoon , tog kan Suid- Afrikaners , oud en jonk , vandag , 188 jaar na dié veldslag plaasgevind het , steeds baie leer oor die deursettingsvermoë , opofferings én wilskrag van die Voortrekkers en hoe dit die weg gebaan het vir toekomstige generasies in Suid-Afrika .
“ Die Groot Trek is baie meer ' n godsdienstige trek as ' n veroweringstrek . Die Gelofte wat in 1838 op Bloedrivier afgelê is , beklemtoon dit ook ,” vertel Van der Merwe .
“ Op Vegkop is daar nie ' n Gelofte afgelê nie , alhoewel dieselfde gebede in dieselfde gees hier gebid is . Vegkop was in baie gevalle ook ' n groter wonderwerk as Bloedrivier , veral wanneer mens kyk na die hoeveelheid weerbare manne wat in die kamp was , asook die getalle aanvallers . Waar die verhouding op Bloedrivier ongeveer 1 teen 36 was , was Vegkop se verhouding ongeveer 1 teen 180 . In kort , as Vegkop se slagveld verloor was , het Bloedrivier nie eers plaasgevind nie , en sou die Trekkers waarskynlik teruggetrek het Kaap toe .”
Van der Merwe , soos baie ander , meen dat Vegkop vandag steeds ' n ware getuigskrif is van die krag van geloof .
“ Om te sien hoe naby die Trekkers aan God geleef het , en te ervaar wat in hulle harte moes aangaan . As die jongmens van vandag op Vegkop staan en sy gedagtes laat gaan en homself indink aan die slagting , die gillende aanvallers hoor skree , die angs en vrees kon sien in almal se oë , die gebede kon hoor , dan weet jy – ons dien ' n lewende God .”
Wanneer jy vandag besoek aflê op die Vegkop-terrein , word jy gegroet deur ' n wye vlakte , netjies gesnyde gras , aan die linkerkant ' n reeks grafstene , aan die regterkant ' n museum en gedenkstene , en voor jou ' n reuseklipstapel waar daar meer as 100 jaar gelede ' n laer gestaan het , met Trekkergesinne wat hul lewens moes verdedig teen Mzilikazi se manskappe . Tog is die verhaal veel groter as die veldslag ; dit vertel van die kan-kultuur van die Afrikaner , sedert die 1800 ' s tot vandag .
Die Voortrekkers van ouds kan op baie maniere beskryf word , maar vir Van der Merwe , en die Vegkop-span staan drie dinge uit : “ Om die Voortrekkers in ' n paar woorde te probeer beskryf , is onregverdig , want daar is min wat mens kan uitlos , maar as drie eienskappe uitstaan , veral hier by
23 AFRIKAANS