flink ink | November 2017 | Page 8

Hy was maar 'n rakkertjie van net 'n paar jaar oud toe dié verstommende verbeeldingswêreld – 'n denkbeeldige storiewêreld wat hom een van die mees suksesvolle jeuglitera- tuurskrywers in Suid- Afrika gemaak het – posgevat het, vertel 'n opgewekte Jaco Jacobs. 8 Die Afrikaanse TAALSKRIF Vir 'n kort tydperk tydens sy grootwordjare het die Jacobs-gesin op 'n plaas in Carnarvon in die Karoo gewoon. Reg in die middel van die gesin se erf het 'n ou telefoonpaal gestaan – en wanneer die wind in die Karoo opgesteek het, het dié telefoondrade met mening vibreer en dán sou die skrywer as't ware asem in sy denkbeeldige karakters se lewe blaas wanneer hy met hulle in gesprek getree het oor alles én meer. Hy gesels oor die telefoon vanuit sy Bloemfonteinse huis. Selfs oor die telefoon steek sy Noord-Kaapse aksent plek-plek kop uit. “Ja,” lag hy, “ek dink gereeld die aksent moet darem nou finaal gegroet het, maar dan hoor jy jouself weer oor die televisie of radio praat en dan besef ek hy kruip maar steeds hier êrens binne my weg.” Só is dit ook met sy skryfwerk, stel ek voor – dit is iets wat só in sy lewe ingemessel is, dat hy daarsonder minder sin van die lewe sou kon maak. Jacobs se eerste boek, Troetel- gedrog, het in 2001 die lig gesin. Sedertdien het hy meer as 100 boeke geskryf en dié literatuur het hom meer as 30 toekennings laat inryg.