w
Taalvyltjie
Die Kersvakansietyd is om die draai . Dis ' n tyd waarin baie mense die voorreg het om ' n bietjie uit te span . Maar waar kom ons woord Kersvakansie vandaan ?
Wanneer die woorddeel Kers- op Kersfees betrekking het , skryf ons dit in Afrikaans tradisioneel met ' n aanvangshoofletter en die rede daarvoor gaan ver terug in ons taalgeskiedenis . In Middelnederlands – dit wil sê die Nederlands wat tussen ongeveer 1200 en 1500 gepraat is en dus een van die oupagrootjies van Afrikaans is – was Kerst ' n wisselvorm van die persoonseienaam Christus . Dit het dus niks te doen met kerse nie !
Volgens die Etymologisch Woordenboek van het Nederlands ( M . Philippa [ red .] Amsterdam : AUP , 2004 – 2009 ) het dié naam in Middelnederlands ontstaan as ihesus kerst vir “ Jesus Christus ”. In dié ou Nederlands was daar ook ander vorme van die naam Christus , soos Christ , Krist en Crist . Die verspringing van die r van vóór die vokaalletter ( -ri- soos in Christus ) tot daarná ( -er- soos in Kerst ) was , volgens dié woordeboek , ' n heel algemene verskynsel in Oudnederlands en party van die omliggende Middeleeuse dialekte .
As ons dus samestellings maak soos Kersdag , Kersfees , Kersmis , Kersboom , Kersvakansie en Kerskaartjie , dan sê ons eintlik – histories gesproke – daarmee Christusdag , Christusfees , ens .
Die woord vakansie het ons wel via Nederlands geërf , maar dit kom eintlik uit die Romaanse kant van ons taalfamilie . In Latyn gaan dit heel ver terug na vaco ' om leeg , vakant , sonder inhoud te wees '. Dié stam het deur die eeue verskeie vorme met verskillende betekenisse gehad . Dit het byvoorbeeld deur Frans vacance , wat aanvanklik voorgekom in die betekenis ' die nieaanwesig wees ' gemigreer na Middelnederlands , waarin vacantie volgens bogenoem-de woordeboek eers beteken het ' tydperk
Vakansie en geskenke
sonder regsitting '; later ( om-streeks die tyd van Van Riebeeck ) het dit die betekenis ' tydperk waarin nie gewerk word nie ' gekry .
By baie mense is dit die gebruik om in die Kerstyd vir mekaar geskenke te gee . Watter beter geskenk kan ' n mens vir enigiemand wat met Afrikaans te doen het , gee as ' n goeie Afrikaanse naslaanbron ? In vandag se tyd hoef dit nie eens ' n papierboek te wees nie , want alles is ook aanlyn beskikbaar en ' n uitstekende geskenk – miskien veral vir die skoolkinders en die jonger geslag – is om ' n jaar se intekening op so ' n bron as geskenk te gee . Gaan snuffel ' n bietjie rond oor bronne soos die volgende :
Die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas ' n pragtige nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls ( die 11de uitgawe , wat ook die eeufeesuitgawe is ) bekendgestel ; dit word deur Pharos uitgegee . Dit bevat nie net die reëls vir die spelling en skryfwyse van Afrikaans nie , maar ook ' n sterk uitgebreide woordelys waarin ' n mense woorde van oud tot splinter-nuut kan naslaan en reëls oor die gebruik van leestekens . Daar is ook ' n hand vol nuttige bylaes , byvoor-beeld ' n lys buitelandse geografiese name met hulle afleidings ; ' n lys met landname ( Afrikaans en Engels ) en die lande se geldeenhede ; die periodieke tabel met die Afrikaanse en Engelse elementname ; ' n besonder nuttige lys met allerlei plekname uit die Verre Ooste ( China , Japan en Indië ); riglyne oor die gebruik van die SI-stelsel ; en riglyne oor die spelling en skryfwyses van Omgangsafrikaans .
Die beste van alles is dat dié boek ook aanlyn beskikbaar is , wat die wonderlikste elektroniese soektogte
moontlik maak . Gaan kyk dus by www . pharosaanlyn . co . za en kyk na die pakkette wat daar aangebied word , o . m . die bekende Afrikaans-Engels- Engels-Afrikaanse Woordeboek en talle vakwoordeboeke .
Of wat van die 6de uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal ( die bekende HAT )? Geen Afrikaanse huis , veral nie een waarin daar skoolgaande kinders is , behoort immers sonder ' n behoorlike woordeboek te wees nie . Gaan loer gerus by https :// longman-hat . co . za , want ook die HAT is aanlyn beskikbaar .
Die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke is die omvattende Woordeboek van die Afrikaanse Taal , ofte wel die WAT . Dit is ' n wonderlike woordeboek wat verreweg die omvangrykste is ; trouens , hoewel daar reeds 14 bande daarvan verskyn het , is die letter S nog nie eens voltooi nie . Maar wat ' n skatkis van al wat ' n Afrikaanse woord en uitdrukking is ! Dit is inderdaad ' n kultuurerfenis van die boonste rakke . Dié woordeboek en die Buro van die WAT se etimologiewoordeboek ( die Etimologiewoordeboek van Afrikaans [ EWA ]) is ook op CD-ROM en aanlyn beskikbaar by www . wat . co . za . Of borg vir die geskenkontvanger sy of haar gunstelingwoord of twee , want enige ondersteuning van die Buro van die WAT dra ook by tot die behoud van Afrikaans .
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans ( www . viva-afrikaans . org ) bied eweneens verskeie moontlikhede , van woorde naslaan en taaladvies vra tot allerlei vorme van taalpret .
Of koop net ' n goeie Afrikaanse boek !
JD ( Tom ) McLachlan tommcl @ whalemail . co . za
6 Die Afrikaanse TAALSKRIF