ord
VR
hi
LEGENDE VAN DIE MAAND
Dit gaan
spiekeries met
Spiekeries
“Siddie, Siddie, Siddie!”
Wie onthou nog die eerste
toets tussen die Springbokke
en die All Blacks op 25 Julie
1970 op Loftus Versfeld?
Dit was vyf jaar na die Springbokke
se rampspoedige toer deur Nieu-
Seeland, en ook die eerste reeks na
die toer deur Brittanje wat deur
betogers ontsier is en eweneens 'n
ramp was.
Die Springbokke was vasberade om
hierdie reeks met 'n oorwinning af te
skop, en 'n held was nodig om
daardie oorwinning te verseker. Suid-
Afrika moes nog ses jaar lank wag vir
televisie, en die legendariese
sportkommentator Gerhard Viviers
het die wedstryd aan die luisteraars
van die Afrikaanse radiodiens van die
SAUK beskryf: Die All Blacks het 'n
strafskop in hul eie gebied gekry en
op die ou end het die All Black-
kaptein, Brian Lochore die bal gekry.
Toe onderskep die Springbokke se
regtervleuel Syd Nomis, wat sedert
1965 al deel van die span was, die
bal en nael doellyn toe. Gerhard
was op sy stukke, en die mees
onthoubare stukkie sportkommentaar
in ons land se geskiedenis het
gevolg. Dit was dalk Leon Schuster
wat later jare gesê het Gerhard kon
bly wees dat die Springbokke se
haker in daardie wedstryd, Piston van
Wyk, nie die drie gaan druk het nie.
Op die ou end het die Springbokke
met 17-6 gewen, maar meer mense
sal Gerhard se kommentaar as die
uitslag onthou.
Gerhard se bynaam was Spiekeries,
omdat dit altyd sy antwoord was
wanneer iemand hom gevra het hoe
dit met hom gegaan het. Twee
sangers het ook doodseker gemaak
dat sy bynaam nie vergeet sou word
nie. Leon Schuster het Gerhard goed
geken, en in sy liedjie “Gerrie Seer
Handjies Coetzee”, op die wysie van
Anton Goosen se treffer “Kruidjie-
roer-my-nie”, het Leon gesing van 'n
boksgeveg in Mmabatho in die
destydse Bophuthatswana, waarin
Gerhard glo vir Leon Spinks met Jon
Tate verwar het. Later het Bok van
Blerk, wat in 1970 toe Gerhard met
daardie stukkie legendariese
kommentaar vorendag gekom het,
nog nie eens 'n gedagte was nie, ook
aan hom hulde gebring. Bok het die
liedjie “Spiekeries” opgeneem, na
aanleiding van wat sy oupa hom
daarvan vertel het. Toe Leon
Schuster 'n omroeper by die SAUK
was, het hy die program Die vryposti-
ge mikrofoon aangebied; hy het
mense gebel en met hulle gek ge-
skeer. Gerhard het ook deurgeloop.
Leon het hom voorgedoen as 'n
polisieman wat navraag gedoen het
oor Gerhard se vuurwapenlisensie.
Hy het Gerhard daarvan beskuldig
dat hy “op die rug van sy bekendheid
gery het”, en dit het Gerhard
absoluut woedend gemaak. Uitein-
delik het Leon vir hom gesê dat dit
inderdaad hy was.
Gerhard het egter nie net as
rugbykommentator bekendheid
verwerf nie. Die legendariese bokser
Pierre Fourie, seker die beste Suid-
Afrikaanse bokser wat nooit 'n
wêreldtitel gewen het nie, het aan 'n
geveg teen Bob Foster deelgeneem.
Weer eens was daar nog nie televisie
nie en die luisteraars was op Gerhard
se kommentaar aangewese. Gerhard
was vurig patrioties, en het die
luisteraars vertel dat Pierre Fourie
besig was om die geveg te wen,
terwyl die teendeel die waarheid was.
Gerhard se volgende stukkie
legendariese rugbykommentaar het
ook in 'n wedstryd teen 'n Nieu-
Seelandse span gekom, maar dit
was die Nieu-Seelandse Kavaliers,
wat eintlik maar net die All Blacks
onder 'n ander naam was. Die
nasionale rekordhouer in 400 meter-
atletiek, Jaco Reinach was die
Springbok-regtervleuel in daardie
reeks. Die laaste wedstryd in daardie
reeks is op Ellispark gespeel. Die
skeidsregter het voordeel toegelaat
nadat een van die Kavaliers die bal
aangeslaan het; toe kry Reinach die
bal. Toe begin Gerhard lostrek: “Hier
is spoed, hier is spoed, hier is
spoed,” totdat Reinach gaan druk
het. Dit was die laaste drie van
daardie reeks.
Gerhard was ook 'n stemkunstenaar.
Hy was bekend daarvoor dat hy
Lexington-sigarette gerook het, en sy
stem is vir dié advertensies gebruik in
die dae toe dit nog wettig was. Sy
praatstem is gebruik vir Martin Pols
se karakter in die rolprent Hoor my
lied. Gerhard se bekendste rol as
akteur was seker dié van Tom Mc
Donald, Philip Moolman se karakter
se pa in Jan Scholtz se televisiereeks
Die sonkring.
Gerhard is op 15 Desember 1998 in
die ouderdom van 72 jaar aan kanker
oorlede. Hy was die tipe sportkom-
mentator wat net een keer in 'n land
se geskiedenis na vore kom en Afri-
kaanssprekende sportliefhebbers sal
nooit weer na iemand wat naby hom
kom, kan luister nie. Engeland en
Skotland het vir Murray Walker en Bill
Mc Laren gehad; Suid-Afrika het vir
Gerhard “Spiekeries” Viviers gehad.
Daantjie Dinamiet
Die Afrikaanse TAALSKRIF
5