flink Flink April 2020 | Page 5

aKING se sit Laudo nie stil nie D ie hoofsanger van die rock-groep aKing, Laudo Liebenberg, is deesdae besiger as ooit. In 2015 het Laudo Antonie de Jager se liedjie, “Langpad na later” in die Afri-Visie-liedjiekompetisie gesing. Dié liedjie is deur hom en Johnny de Ridder, klankingenieur, musiekvervaar- diger en kitaarspeler vir Fokofpolisiekar, verwerk. Dit was egter Antonie wat ingeskryf het vir dié kompetisie met dié liedjie. Laudo het net 'n stem daaraan gegee. Dit was sy eerste tree na 'n solo-loopbaan, maar nou is hy met meer as net dit besig. Foto bo en onder: Jaco S Venter Laudo Liebenberg saam met Marius Weyers en Tinarie van Wyk Loots in Katvoet. Foto: Nardus Engelbrecht Ralph Rabie, wat ons as Johannes Kerkorrel leer ken het, is op 27 Maart 1960 gebore, en ter viering van die sestigste herdenking van sy geboorte- dag het Laudo saam met musikante soos Frank Freeman, Schalk van der Merwe, Sheldon Yoko en Etienne van Rooyen saamgespan om Kerkorrel se album saam met die Gereformeerde Blues Band, Eet kreef, opnuut op te neem. Die gedagte was om op die 27ste Maart vanjaar 'n konsert by die Atterbury-teater te hou ter viering daarvan, maar die Corona-virus en die regering se noodinperking van drie weke het seker gemaak dat dit nie gebeur nie. Frank speel kitaar vir Arno Carstens en een dag op 'n vlug tussen Johannesburg en Kaapstad het Frank gesê dit sou 'n goeie idee wees om Eet kreef weer op te neem. Hy het vir Laudo genader en daarna die res van die groep bymekaar gemaak. Die groep het 'n Fiësta-toekenning vir die beste musiekgedrewe produksie gewen. Hy sê dat dit glad nie die gedagte was om Johannes Kerkorrel te probeer namaak nie, en dat die album 'n verwerking eerder as 'n huldeblyk moes wees. Die verhoogproduksie was wel by die US Woordfees te sien. Volgens hom was dit 'n eer om die vertoning te lewer. Amanda Strydom was 'n baie goeie vriendin van Johannes Kerkorrel en sy het vir Laudo gesê Kerkorrel sou trots daarop gewees het. Hy het ook 'n hartlike boodskap van die oorblywende lede van die Gereformeerde Blues Band gekry nadat hy die opnames vir hulle gestuur het. Daarby het Laudo onlangs sy eerste Afrikaanse solo-enkelsnit, getiteld “Ek kan nie wag nie” , vrygestel. Sy vrou het vir sy verjaardag vir hom ateljeetyd by The Nothing Club-ateljee in Kaapstad gekoop en hy vertel dat daar toe geen verskonings meer was nie. Hy het dié liedjie saam Hunter Kennedy, medestigterslid van aKing, liedjieskrywer en kitaarspeler, geskryf en dít is deur Fred den Hartog, 'n lid van Die Heuwels Fantasties, vervaar- dig. Die liedjie gaan oor eensaamheid; iemand, of 'n stuk van jouself wat jy verloor het en die hoop dat jy weer 'n konneksie met die betrokke persoon, of dit wat jy verloor het, kan maak. Hy het vir die eerste keer in 'n lang tyd kreatief betrokke geraak by 'n musiekvideo. Hy sê die swart-en-wit- konsep van die video beeld die eensaamheid baie goed uit. Laudo, wat drama studeer het, is nie net 'n sanger nie maar ook 'n akteur. Hy was in die tweede seisoen van Die Byl te sien en het ook rolle in rolprente soos Kanarie en Ander mens vertolk. Hy het verlede jaar ook in die meesterlike verhoogproduksie, Katvoet, wat op die Amerikaanse dramaturg, Tennessee Williams se drama, Cat on a hot tin roof gebaseer is, gespeel. Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk Loots, Albert Pretorius en Martelize Kolver was ook in dié produksie te sien. Hy sal ook later vanjaar in die televisiereeks Bewolkte harte te sien wees. Daantjie Dinamiet AFRIKAANS 5