en die Top 10-program wat elke
Saterdag uitgesaai word.
Sy huis het 'n ouwêreldse sjarme –
van die derde generasie vleuel-
klavier tot by jonkmanskas (waarin
sy platskerm-televisie staan). Die
skryftafel wat hy by 'n ou tannie
gekoop het. “Die skryftafel het sy
staanplek gekry, maar ek het dit
eers na twee weke begin ondersoek
en deursoek en toe kom ek op die
vorige eienaar se man se as af. Dit
was nogal creepy; die kruik versier
met rosies en die menslike oorskot.”
Riaan
Grobler
H et geen hekel aan ...
Die swembad is 'n klein groen
plasblad. 'n Tafel en 'n paar stoele
versier die klipvloer van die grasdak-
lapa. Nou leeg – half ongemaklik –
want hy is gemaak om in gekuier te
word. Gedaan van voete en laggen-
de stemme. Die gras is langer –
langer as wat dit voor die ingrendel-
tyd was. Die tuinman is nie meer
daar om dit kort te hou nie.
Dag 5. Nasionale ingrendeltydperk.
“Hier is my huis, kom ek gee gou
vir jou 'n virtuele toer,” sê Riaan
Grobler, akteur, sanger, radio- en
televisieaanbieder, selfoon in die
hand. Facebook video-onderhoud,
die eerste vir hom, die eerste vir
dié joernalis.
“Hier is my fotomuur.” Kamera
verskuif na foto's van hom en
bekendes. Laurika Rauch, Lydia
Winchester, Annelie van Rooyen.
'n Foto van hom en Wian-Smith
tydens die opname van Hollywood,
hier kom ek. Van hom terwyl hy aan
Boerekos met 'n twist gewerk het.
Foto van hom voor die mikrofoon.
By Radio Rippel, toe Groot FM en
nou Pretoria FM waar hy die voor-
ontbytggleuf tussen 5 en 6 aanbied
Hy gaan sit-lê op sy Victoriaanse
bankie, vat 'n sluk van sy tee, “ek
het wel 'n kookprogram aangebied,
maar ek kan nie kook nie. Ek lewe
van ProNutro. In die verlede, voor
die ingrendeltyd, het ek van weg-
neemetes geleef óf my vriende het
vir my gekook. Ek kan wel bak,
maar kook is so boring.” Die laaste
woorde uitgerek soos 'n kat wat pas
uit sy middagslapie ontwaak het.
“Ek was nie een van dáái wat die
winkels leeg gekoop het nie.”
Sy honde, Noeska de Bruyn
(die bruin hond), Timmy de Swart
(die swart hond), en hertogin
Georgy Elizabeth Winstern snoesel
al om sy voete. Dit is net hy en sy
honde by sy huis in Kilnerpark in
die Pretoriase Moot. En sy hekel-
werk. Die man kan hekel, duvets
van verskillende kleure, kunswerke,
lappies en tafeldoeke word uit sy
naald en vingers getoor. “Dis mos
nie 'n man se werk nie,” het 'n oom
gemopper toe hy die eerste keer
van sy kunswerke op Facebook
uitgestal het.
“Of kruip eerder onder jou kar in en
maak iets reg,” het nog iemand
gesê. “Gelukkig steur ek my nie aan
mense nie. Ek het gehekel en
gehekel. Dit vat 'n mens na 'n ander
wêreld toe.”
Sy mandjie en wol staan langs sy
stoel, 'n uitsig op die televisiestel.
“Ek het my eerste dubbelbedduvet
deur al die seisoene van Game of
Thrones gehekel; die tweede deur
Grey's Anatomy.” Die derde een
deur die koronavirus, hoop hy.
Hy is ook 'n gyselaar van die
koronavirus, net soos al die ander
sangers en akteurs en besigheids-
mense. “Wat my baie bekommer,
is die ekonomie van ons land.
Mense met besighede gaan nie
geld verdien nie. My vertonings is
wel gekanselleer, maar ek kry nog
'n inkomste uit my radiowerk.”
Sy sangloopbaan is ook nou op ys,
die bekendstelling van sy sewende
CD met die werkstitel Liefdeshart-
aanval is uitgestel. “Ek het al
reeds twee liefdeshartaanvalle
gehad, dit is waarom ek gedurende
die tydperk stoksielalleen is.”
Die hertogin knor. “Behalwe vir
my honde ...”
Die CD, sê hy, het lekker popdans-
treffers op. “Dit is vir my generasie.
Die laat sewentigs, middel tagtigs
babas.”
Riaan word dié jaar veertig. Teen
die einde van die jaar wanneer
die koronavirus homself hopelik
uitgewoed het. “Ek het nog nooit
'n verjaarsdagpartytjie gehou nie,
maar veertig is anders. Dié een
gaan groot wees.”
En dan is daar ook Die Grafsteen-
sangers. Vir die wat nog nie van die
groep gehoor het nie; hulle is twaalf
sangers wat die Briels herontdek
het en cool gemaak het. Galge-
humor, beter as wat die Britse
reekse dit kan doen.
“Ek wou nog altyd 'n lid van
Die Grafsteensangers gewees het.
Hulle is volgende jaar mondig –
21 jaar oud. Marelize Horn, een van
die lede, het my verlede jaar gebel
en genoem dat daar 'n 'pos' vir 'n
grafgrawer beskikbaar is. Ek het vir
'n oudisie gegaan en die pos is vir
my aangebied.”
Die grafgrawer, redelik morbied.
“Ek het 'n lekker swart humorsin en
ek kan met die karakter maak net
wat ek wil.”
Vir nou, gaan hy hekel, bak (dit is
darem iets wat hy kan doen, want
hy is al gekroon as melktertkoning),
en soggens deur die stil strate na
Pretoria FM ry om luisteraars met sy
ryk tenoorstem te vermaak.
En nee, hy dink so 'n rukkie, ek
het nie 'n hekel aan niemand of
niks nie.
Klik-klik hoor jy die naalde voordat
sy skermbeeld verdwyn.
Yolanda Barnard-Lemmer
4
AFRIKAANS