Flink April 2024 57 | Page 11

Die onderhandelingstafel , waterbottel , traktaat en gebedeboekie wat uitgestal is
Voor , langs die verhoog , het die Voortrekkermonument die tafel uitgestal waaroor Retief en Dingaan onderhandel het vir die gaste om te aanskou . Op die tafel lê ' n afskrif van die traktaat wat Retief en Dingaan geteken het , Retief se waterbottel en gebedeboek .
Langner beskou hierdie tafel as een van die Afrikaners se belangrikste artefakte en die eerste onderhandelingstafel in Afrikanergeskiedenis .
“ Na dit ( die onderhandeling met Dingaan ) was daar baie ander belangrike onderhandelingstafels , maar rondom hierdie klein houttafeltjie het ons gesit en gepraat oor ' n toekoms vir ons mense en ons kinders in hierdie land .”
Langner wys verder die simboliek van Retief se gebedeboek en waterbottel uit . Volgens Langner is die bloed aan Retief se gebedeboek ' n simbool van die opoffering wat van die Trekkers gevra is , maar dit is veral die waterbottel wat vir hom uitstaan .
“ Wat die waterbottel vir my besonders maak , is nie waar dit op die fries uitgebeeld word nie , maar in die tapisserie in die Senotaafsaal . Die toneel van daardie tapisserie is waar Piet Retief en sy seun sy vrou en sy gesin die laaste keer groet . Terwyl Retief sy vrou groet , is sy dogter besig om koel water in haar pa se waterbottel te gooi vir die reis wat voorlê .
“ Ek glo dit is wat ons ook vandag met hierdie verklaring wil bereik . Om te sê dat ons in hierdie land , nie net vir ons nie , maar ook vir ons kinders nog vir geslagte wat kom , die koel water in hierdie land in vryheid , veiligheid en voorspoed wil geniet .”
Die verklaring wat deur verskeie Afrikanerorganisasies onderteken is ( Foto : Corné Mulder )
Vandag se aangeleentheid in die Voortrekkermonument het weer bewys dat die monument waarlik ' n kultuurtuiste vir die Afrikaner is , waar almal welkom is . Ons hedendaagse kwessies is diep gewortel in die geskiedenis en kultuur wat ons op hierdie terrein vind .
Word ' n vriend van die Voortrekkermonument en help ons om ons erfenis behoue te laat bly : www . vtm . org . za / donasies /
Anneke Langner
KLIK HIER om die verklaring te lees

ONS IS HIER OM TE BLY !

AFRIKAANS
11