Flink April 2024 57 | Page 10

het historiese kontinuïteit
NUUS

het historiese kontinuïteit

“ As ons vandag praat oor ' n verklaring , dan sê ons vir mekaar , ons beweeg in ' n baie ou tradisie van verklarings , van manifeste , van dokumente , van traktate . Dit is hoe ons dit doen . In krisistye , in onseker tye , verwoord ons waar ons staan op papier .”
So sê dr . Danie Langner , besturende direkteur van die Voortrekkermonument .
Naastenby 120 verteenwoordigers van Afrikanerorganisasies en -leiers het Maandagoggend by die Voortrekkermonument opgedaag om die Afrikanerverklaring in die Heldesaal aan te hoor .
Alida Kock , dr . Danie Langner , Flip Buys en dr . Theuns Eloff was die sprekers tydens die geleentheid .
Tydens die Afrikanerverklaring se aanhoor , het dr . Danie Langner verduidelik waarom daar met die aflê van die verklaring na historiese kontinuïteit gesoek word .
“ Die eerste saak wat ek wil uitlig , is dat die Afrikaner , die trekkers van ouds , nooit in isolasie geleef , getrek en gewerk het nie . Die Afrikaner was altyd in verhouding met ... In hierdie friese word daar besondere verhoudings uitgebeeld ,” sê Langner .
Langner wys na die friese en lig die verhoudings met Britse setlaars , Portugese , Skotte , Matabeles , Barolongs , Zoeloes , ' n Italiaanse vrou en Swazi ' s uit . Hy verwys ook na die verhouding waarin Afrikaners met mekaar gestaan het . Langner lig verder die friespaneel uit waar Piet Retief as goewerneur bevestig word .
“ Die Groot Trek was nie ' n Wilde Weste-trek nie , dit was ' n ordelike gemeenskap ,” sê Langner . “ Van die begin af was dit ' n republiek op trek . Natuurlik op hierdie trek in verhouding met mekaar was daar verskille en dit word treffend daar uitgebeeld .”
Op Langner se tweede punt verwys hy na die vyf tafels wat dwarsoor die friespanele verskyn .
“ Wat maak ' n tafel belangrik ? ' n Tafel konsesieer ' n verhouding . ' n Tafel skep orde . ' n Tafel is ' n plek vir ' n ordelike gesprek . Wanneer ' n mens om ' n tafel sit , is dit ' n uitdrukking van gemeenskap , onderhandeling , van gesels .”
“ As ons kyk na die tafel waar Retief en Dingaan onderhandel , daar is nie ' n grondgryping nie , daar is nie meerderwaardigheid of minderwaardigheid nie . Retief en Dingaan kyk mekaar vas in die oë , en die moment wat vasgevang word , is waar die traktaat , koopkontrak , onderteken word ,” gaan Langner voort .
10 AFRIKAANS