97
APAC gebruik diensverskaffers van buite vir werk soos vir forensiese oudits,
opleiding van markagente en ander aktiwiteite indien benodig.
Getrouheidsfonds
• Die Departement van Landbou het baie jare gelede op versoek van die
varsproduktemarkkommissie-agente ’n getrouheidsfonds op die been
gebring ter beskerming van hul naam , soos wanneer lede bankrot
speel en daar nie genoeg geld in die Trustrekening is om boere te betaal
nie, of as iemand skuldig bevind word aan bedrog met boere se geld.
• In sulke gevalle kan ’n boer wat sy vars produkte deur ’n geregistreerde
kommissie-agent verkoop het, van die Getrouheidsfonds eis vir die
verliese wat hy gely het.
• Markkommisie-agente betaal elke jaar ’n heffing wat deur die APAC
bepaal word wat op hulle jaarlikse omset gebaseer is.
• Dit is deel van APAC se funksie om die Getrouheidsfondse ingevolge
Wet 12 te kontroleer.
• Die Getrouheidsfonds waarborg ’n boer se geld.
• Hierdie stelsel wat finansiële veiligheid bied, is wêreldwyd uniek.
Wanneer kan ’n boer teen die Getrouheidsfonds eis?
Artikel 12 maak voorsiening vir ’n boer om vir finansiële verliese tee is
onder die volgende omstandighede:
a) wanneer daar onvoldoende fondse in die trustrekening is om die boer
te betaal;
b)
wanneer ’n markagent skuldig bevind word aan bedrog of enige
wangedrag wat die boer se produkte aanbetref.
’n Boer wat graag teen die Getrouheidsfonds wil eis moet dit binne drie
maande doen vanaf die beweerde oortreding. Volle besonderhede is
beskikbaar van APAC.
Trustrekening
Kragtens die Wet moet ’n markagentskap ’n trustrekening namens sy
boere by ’n geregistreerde bank open. Hierdie trustrekening het net twee
mikpunte:
• om die opbrengs uit die verkope van boere se produkte te deponeer;
• om die boere te betaal.
Dit moet ’n ander bankrekening as die markagentskap se normale
sakerekening wees.
Elke markagentskap moet maandeliks voor die 21ste ’n rekonsiliasie (staat)
van ’n Trustrekening by APAC indien.
Die boere se geld word dus deur middel van die Trustrekening beheer.
Wanneer word ’n boer betaal?
• Artikel 25 van Wet 12 skryf voor dat as ’n besending vars produkte
nie drie dae ná sy ontvangs ten volle verkoop is nie, die varsprodukteagent die produsent moet verwittig van die omvang en toestand van
die onverkoopte produkte.
• Artikel 26 van Wet 12 skryf voor dat ’n varsprodukte-agent die boer
binne vyf dae ná die verkoop van die produkte sal betaal en ’n staat
sal uitreik met besonderhede soos die datum van ontvangs van die
besending, soorte en klas van die vars produkte, die hoeveelheid en
aard van die vars produkte, die hoeveelheid en aard van elke aftrekking,
die hoeveelheid kommissie wat afgetrek is, ensovoort .
Wet 12 van 1992 skryf voor dat markkommissie-agente by die registrateur
van die Landbouproduk-agenteraad (APAC) moet registreer
Die belangrikste verskil wat ons kommissiemarkte van ander
groothandelmarkte plaaslik of in die buiteland onderskei, is die feit dat
die betaling van produsente gewaarborg word. Sekuriteit is essensieel
in ’n land wat so groot in divers is as ons sin. Produseerders kom van
die verste hoeke van ons land, distansies na markte is dikwels groot en
persoonlike kontak tussen boer en agent kan ten tye beperk wees. Die
wete dat die geld veilig is en dat wetgewing van die agent vereis om
hom binne vyf werksdae te skakel verseker dat ’n boer sy produksie met
vertoue kan bemark.
Dit is baie belangrik wanneer dit beskou word teen die agtergrond van
ons sogenaamde kommersiële boere en die baie duisende kleinskaalse
ontluikende boere. Eersgenoemde is gerat vir grootskaalse kommersiële
boerdery en beskik oor die meeste van die “middele” wat vir bemarking
nodig is. Ontluikende, bronarm boere moet egter baie struikelblokke
oorkom voordat hulle hul produkte by die mark kan kry. Hulle het
gewoonlik nie die bemarkingsvaardighede van hul kommersiële bure nie.
Daarom is dit noodsaaklik dat hulle geld beskerm moet word.
’n Ander voordeel van ons varsproduktekommissiemarkte is die
kompetisie wat op die vloer bestaan tussen produseerders, verpakking,
aanbieding, kwaliteit, die markagente en kopers. Daar is waarskynlik
geen beter manier vir ’n boer om van die ingewikkeldheid van
produktebemarking te leer as wanneer sy/haar eie produkte teen die
van so baie ander prioduseerders moet kompeteer nie.