660
GLOBALG.A.P
.-standaarde wat omgeskakel moet word in
relevante standaarde in Oos-Afrika.
Daar word verwag dat sowat tien miljoen boere regdeur Oos-Afrika uit
die onlangse EAGAP-inisiatief sal voordeel trek. Volgens berigte is EAGAP
’n wysiging van die GLOBALG.A.P om die waardekettingstrukture,
.beskikbare kapasiteite en hulpbronne, landboukundige kulture en
ekologiese omstandighede van plaaslike kleinboere te bevredig.
Daar word gehoop dat hierdie inisiatief dit makliker sal maak vir OosAfrika se tuinboukundige produsente om tot internasionale markte
toegang te verkry. Volgens Dr Stephen Mbithi, hoofuitvoerendebeampte
van die Fresh Produce Exporters’ Association of Kenya (FPEAK) sal hierdie
projek die inkomste en lewensbestaan van kleinskaalse tuinboukundige
boere in Oos-Afrika verbeter as gevolg van verhoogde toegang tot
internasionale markte.
Die tuinboukundige sektor is reeds Kenia se tweede grootste buitelandse
valuta verdiener en daar word verwag dat hierdie nuwe inisiatief die
syfer fenomenaal sal laat styg.
South African Pesticide Initiative Programme (SA PIP)
Om volgehoue toegang tot die EU-mark te verseker na bekommernisse
oor chemiese residuvlakke op landboukundige voedselprodukte wat na
die streek uitgevoer word, het Suid-Afrika ’n ooreenkoms met die EU
ges