654
waardetoevoeging en
landbouverwerking
Toerisme en die landbou
Twee faktore wat lei tot die aanloklikheid van ’n toerismestreek:
Die primêre kenmerke (sagteware) – klimaat, ekologie, kulturele
1.
aanloklikhede, tradisionele argitektuur, landvorme;
2. Die sekondêre bestemmingskenmerke (hardeware) – die ontwikkelings
wat spesifiek vir toeriste ingebring is soos hotelle, spyseniering,
vervoer, aktiwiteite en vermaaklikhede.
1. Oorsig
Toerisme dra tans meer by tot Suid-Afrika se BBP as goud. Dit is geïdentifiseer
as een van die sektore waarin Suid-Afrika werk kan skep (kyk opskrif 4).
Dit is arbeidsintensief en, benewens ’n opregte bedoeling teenoor kliënte
wat in jou sorg is, vereis dit nie hoë vlakke van vaardigheid nie. Wanneer
toerisme gebeur, word werk nie net in die reis- en verblyfsektor geskep nie,
maar ook in baie ander areas van die ekonomie.
Kan boere meer voordeel trek uit toerisme as wat tans die geval is? Deur
akkommodasie op jou plaas te skep om wegbreekkanse daar te stel of
toerisme kan ’n tweede inkomstestroom vir jou plaas wees. Ons het ’n
aantal plase gelys wat ’n toerisme-element in hulle het (opskrif 3) asook
verkende moontlikhede onder opskrif 2.
Dan is daar ook die geval waar jyself die toeris is. Ons stel almal belang in
gevallestudies, om te sien hoe iemand anders “dit reggekry het”. Dit voorsien
ons van idees oor maatreëls wat ons in ons eie bedryf kan implementeer.
Landboutoere kan vir landboukundiges ’n waardevolle platform wees om
kennis en boerderymetodes te deel. Sommige van die rolspelers wat in
hierdie hoofstuk gelys is organiseer hierdie landboutoere. Daar is ook ander
wat elders in hierdie gids gelys is soos die Landboubesigheidskamer en SA
Biofarm, wat reise na ander lande organiseer om die metodes te bestudeer
en te leer uit hulle ervaring daar.
• Landelike toerisme is ’n konsep wat toerisme-aktiwiteite dek wat
deur plaaslike mense ontwerp en bestuur word, en is gegrond op
die sterk punte van die natuurlike en menslike omgewing.
• Ekotoerisme gaan daaroor om te reis na ’n natuurlike area om
die omgewing en geskiedenis daar te verstaan “terwyl ekonomiese
geleenthede geskep word wat die bewaring van natuurlike
hulpbronne finansieel voordelig maak vir plaaslike burgers.” (The
Ecotourism Society, 1992) (eie vertaling)
• Agritoerisme is ’n baie beperkte konsep wat verwys na die
verskillende vorme van toerisme