650
9. Publikasies en webtuistes
Skakel 012 842 4017 of stuur ’n e-pos aan [email protected] vir die
volgende publikasies wat by die LNR se Instituut vir Landbou-ingenieurswese
beskikbaar is:
• Mishanteringshandleiding vir intensiewe diereproduksie-eenhede in SA
• Processing of Meat Products (Russians, tongue, hamburger patties, polony,
frankfurters, bacon, ham, susages)
Red Meat in Nutrition and Health - Communicating current science about red
meat as part of a healthy South African diet deur prof. Hettie Schönfeldt en
Nicolette Hall (2012). Skryf aan prof. Schönfeldt by hettie.schonfeldt@up.
ac.za.
The Butcher en die jaarlikse Butcher Buyer’s Guide is beskikbaar by 011 447
1192 of [email protected].
Karan Beef het hul nuwe Buyers Guide bekend gestel om vleiskopers te help
kies wat om te koop. Kyk na eksemplare op www.karanbeef.co.za. Skakel
G. Simonsen by 011 613 1851 vir meer inligting.
Verskeie boekies is by SAMIC beskikbaar:
• Info for new meat traders
• Duties and Functions of Abattoir managers regarding the welfare of
animals
• Duties and Functions of Abattoir managers regarding the welfare of pigs
• A guideline for the use of prodders and stunning devices in abattoirs
Bogenoemde boekies is ook by die Nasionale Dierebeskermingsvereniging
(NDBV) beskikbaar. Tel: 011 907 3590/1/2.
An Australian resource is Meat – Your interactive guide to red meat. Bestel
hierdie CD by Meat and Livestock Australia (e-pos: [email protected]).
Emerging Red Meat Producers’ Road to Prosperity. Contact NERPO. Tel: 012
348 1933
Laai die nuutste uitgawe van Rooivleis/Red Meat af by www.rpo.co.za.
• Manual for the Abattoir Industry – Hierdie handleiding beskryf alle
aspekte van die abattoir-bedryf en is ’n ideale verwysingsbron vir
enigiemand wat by hierdie bedryf betrokke is
• Meat Inspectors Manual – Hierdie handleiding beskryf die minimum
kennis wat vereis word van persone wat by higiënebeheer en
vleisinspeksies by abattoirs betrokke is. Dit is ook ’n waardevolle
verwysingsbron wat siektes en afkeurings betref.
• FOA [Die VN se Food and Agricultural Organisation] Manual on Meat
Inspection for Developing Countries. Hierdie handleiding word sterk
aanbeveel vir opleidings en verwysingsdoeleindes.
Bostaande publikasies is by die RMAA beskikbaar: 012 349 1237/8/9 of
www.rmaa.co.za.
Webtuistes
• Artikels wat betrekking het op die vleisbedryf sal gereeld beskikbaarwees
en opgedateer word in die “articles”-gedeelte van die RVAV-webtuiste,
www.rvav.co.za. Besoek al die ander webtuistes wat vroeër in hierdie
hoofstuk gelys is bv. www.samic.co.za en www.redmeatsa.co.za.
• Die maandlikse Trade Probe verslae by www.namc.co.za dek gereeld
aspekte van die vleisbedryf.
• Kry omvattende inligting by www.thebutcherweb.co.za.
• www.meat-sa.co.za – bestel vleis aanlyn.
• Lees oor die 2013 World Meat Congress by www.meat-ims.org
• www.iso.org – die Internasionale Standaarde-organisasie(ISO). Hierdie
ISO 17020 verskaf sekerheid oor die kwaliteit van vleis en vleisprodukte
vanaf erkende abattoirs.
• Die huidige wetgewing maak nie voorsiening vir kulturele, tradisionele
of godsdienstige slagmetodes nie. Webtuistes wat hierop betrekking
het, is www.nspca.co.za, www.nhc.org.za en www.chabad.org.
• Vir ’n lys Halaal-abattoirs kan u www.halaal.org.za besoek. Kyk ook
www.sanha.org.za, www.islamsa.org.za en www.jamiat.org.za.
• www.meatscience.org – die American Meat Science Association
• www.meatinternational.com is nie langer in gebruik nie, maar nuus oor
vark en pluimvee kan verkry word van by beide www.pigprogress.net
en www.worldpoultry.net.
waardetoevoeging en
landbouverwerking
Suiwel prosessering
Raadpleeg ook die hoofstuk oor suiwel in die afdeling oor lewende hawe.
1. Oorsig
“Melkprodusente” is melkboere. “Melkproduseerders” koop melk van
produsente en prosesseer dit vir die handelsmark. Sommige rolspelers is
natuurlik albei. Die leser sal baie hieroor kry in ’n lys onder opskrif 5 ( kyk
na die “melkerye en die melk prosesseerders” onderopskrif). Om te kan
oorleef het baie boere hulle aktiwiteite uitgebrei buitekant die grense van
die plaas en is by beide die “plaas” en “ tafel” gedeelte van die waardeketting
betrokke.
Hierdie hoofstuk dek prosessering, die sekondêre suiwelbedryf: melkpoeier,
gegeurde melk, kaas, maaskaas, fetakaas, maas (Amasi), jogurt, ingedampte
en kondensmelk, kaaspoeier, karringmelk, room, suurroom, botter, roomys
asook kleinhandelverkope van melk.
2. Aantekeninge oor waardetoevoeging
Deur Chris Challis van Axxon (Edms) Bpk
Melk is ’n “kontantgewas” en die meeste mense is gebruikers en
kontantkopers (insluitende u bure!). Die vraag is of u vars melk moet
verkoop of waarde moet toevoeg deur gefermenteerde produkte te
produseer en te verkoop (Amasi, jogurt, roomkaas).
• Om vars melk te produseer vir u eie huishouding en vir bure
as daar geen nabygeleë melkboere is nie kan ’n skaflike prys op
KLEINHANDELVLAK behaal.
• Massaflewering aan spaza-winkels in informele nedersettings of
aan kleinhandelaars wat ’n massatenk het en aan kliënte in hulle eie
houers kan verskaf is haalbaar. U kan egter geforseer word deur
gesondheidsregulasies in u gebied om die melk te pasteuriseer voordat
u dit verkoop. Daar is dan ook die vervoerkoste daaraan verbonde om
die melk aan u kliënte af te lewer.
• Om vars melk aan groot kopers te lewer (bv. Clover, Nestle,
Parmalat) vereis ’n sekere produksievlak (maak ook seker dat u
op ’n insamelingsroete is). U sal dalk nie in staat wees om u koste
te verhaal teen die groothandelprys wat aangebied word nie. Hier
kompeteer u met die groterskaal kommersiële boere en die pryse
word dienooreenkomstig bepaal.
Voeg waarde toe aan u melk
U kan u vars melk verkoop en so, R3.25 ’n liter kry, maar daar is ’n ander opsie
om waarde toe te voeg. Dieselfde liter melk kan as Amasi verkoop word aan
herverkopers vir R6.00 ’n liter (R12.00 vir ’n twee-liter koeldrankbottel).
Deur dit direk aan kliënte te verkoop sal u selfs meer behaal. Dit is amper
’n verdubbeling van u omset op dieselfde hoeveelheid melk met relatief lae
ekstra kostes van pasteurisering en kunsmatige bymiddels.
U kan nou beslis geld maak uit kleinskaalse suiwel!
’n Paar oorwegings:
• Daar is ook die koste van bymiddels: – kultuur, medium, stabiliseerder,
geursel (soos vanilla) en geel kleurselagent.
• Hou ’n oog op Eskom se toekomstige kostes –pasteuriseerders vreet
krag!
• Kompetisie van die groot manne beteken dat die maak van melkpoeier,
rakmelk en botter nie aanbeveel word nie selfs al kan jy die duur
toerusting bekostig.