62
9. Publikasies en webtuistes
Die meeste boere lees die weeklikse tydskrifte Landbouweekblad of Farmer’s
Weekly om aktuele, markverwante inligting te kry. Hierdie inligting is ook
elektronies beskikbaar. Besoek www.landbou.com of www.farmersweekly.
co.za.
Die waardekettinganalise van landbouprodukte is beskikbaar op www.
daff.gov.za, die webtuiste van die Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye (DAFF). Klik op die opsie “Publications” en dan op “Agriculture
Marketing”.
Hoewel daar per geleentheid plekke is waar hulle verouderd is, is die opsie
“Agricultural Marketing Extension” op die Departement van Landbou se
webtuiste uiters nuttig. Besoek www.daff.gov.za. Klik op “Publications”,
“General Publications” en dan op “Agricultural Marketing Extension” om ’n
lys te kry van die volgende nege bemarkingsdokumente:
• Dokument no. 1 verskaf ’n algemene agtergrond tot die
bemarkingskwessies in Suid-Afrika
• Dokument no. 2 handel oor tuinboubemarkingsvoor ligting
• Dokument no. 3 gee ’n oorsig oor die Suid-Afrikaanse tuinboumark
• Dokument no. 4 bespreek hoe voorligtingsbeamptes boere van
markinligting kan voorsien
• Dokument no. 5 handel oor graankosbemarking, hoofsaaklik mielies,
maar handel ook ander graankosse wat vir opkomende boere van
belang kan wees
• Dokument no. 6 handel oor melkboerdery
• Dokument no. 7 handel oor lewende hawe
• Dokument no. 8 bespreek wol- en sybokhaarbemarking
• Dokument no. 9 dek pluimvee- en eierbemarking
Die Direktoraat: Bemarking by die DLBV het verskeie handleidings en
beleidsverslae. Kontak Billy Morokolo by 012 319 8455 of skryf aan
[email protected].
Klik op die “economic intelligence”-opsie by www.agbiz.co.za.
’n Aantal verslae en publikasies is beskikbaar by die Nasionale
Landboubemarkingsraad. Vind die “Publications”-kieslysopsie by www.
namc.co.za of bel 012 341 1115.
’n Kleinhandelsnuusbrief (wat dikwels landbouprodukte dek) is beskikbaar
by Bizcommunity.com. Skryf aan [email protected].
Internasionaal
• Die Internasionale Instituut vir Omgewing en Ontwikkeling (IIED) –
www.iied.org. Vind die “Sustainable Markets”-kieslysopsie.
• www.regoverningmarkets.org – “kleinskaalse produsente in moderne
agrivoedsel-markte”
• Kyk die ontleding van Shoprite Checkers, Pick n Pay, Spar en Woolworths
by www.fas.usda.gov/GainFiles.
• www.intracen.org – webtuiste van die Internasionale Handelsentrum
(ITC)
• Die Departement Landbou van die VSA (USDA) stel ’n verslag, “World
Agricultural Supply and Demand Estimates (WASDE)”, beskikbaar. Kry
’n gratis e-possubskripsie vir die WASDE en ander USDA-gewasverslae
by http://usda.mannlib.cornell.edu. Kommoditeitsvoorspellings kan
ook gevind word by die Kantoor van die Hoofekonoom (OCE) se
kieslysopsie by www.usda.gov.
• www.fairtrade.net – “Waarborg ’n beter bedeling vir produsente”
• www.macmap.org – “Maak invoertariewe en markhindernisse
deursigtig
• Wêreldunie van Groothandelsmarkte (WUWM) – www.wuwm.org
• www.researchandmarkets.com – “The world’s largest market research
resource”
• Wêreldhandelsorganisasie – www.wto.org
• Farm Concern International (FCI) – agentskap wat bemarkingontwi
kkelingsinisiatiewe vir armes in Afrika suid van die Sahara bevorder
– www.farmconcern.org
Bron: Dokumente van die Landboubemarkingsvoorligting op www.daff.
gov.za en erkennings waar dit in hierdie hoofstuk vermeld word.
bemarking en finansiële
dienste
Finansieringsdienste vir ontwikkeling
1. Oorsig
“Entrepreneurship is first and foremost the freedom of individuals to
express themselves in economic terms and thus economic freedom entails
entrepreneurship”, Moeletsi Mbeki.
’n Gebrek aan toegang tot finansiering bly ’n belangrike hindernis betreffende
die groei en ontwikkeling van klein sakeondernemings. Vir volhoubare groei
om plaas te vind, is dit noodsaaklik dat alle landsburgers op ’n betekenisvolle
wyse aan die ekonomie kan deelneem.
Suid-Afrika se ses miljoen klein, medium-grootte en mikro-ondernemings
(KMMO’s) hou een in elke ses mense ekonomies aktief in die land, het die
FinScope South Africa Small Business Survey 2010 getoon. Dit is dus geen
wonder nie dat die New Growth Path klein besighede as ’n bemagtiger sien
vir die skepping en instandhouding van ondernemings en werk.
Hierdie hoofstuk is ’n skets (nie noodwendig beslissend nie) van die finansiële
bystand aan klein besighede in die land.
Wanneer dit by finansiële bystand kom, behoort die doel te wees om
begunstigdes te help om selfonderhoudend te wees. Boerdery is ’n
besigheid net soos enige ander, en indien jy wil boer, moet jy begin om
soos ’n sakepersoon te dink. Ek dink lenings, eerder as toelaes eerder
meer sal doen om armoede te verlig en waardetoegevoegde rykdom te
genereer. Indien boere dan enigiets verniet moet kry, moet dit opleiding
wees.
Bron: Peter Mashala, in die Farmer’s Weekly, 23 Julie 2010
Die term “opkomende/ontluikende boer” word algemeen gebruik vir
sowel boere wat ontluikend of opkomend is in terme van skaal, as boere
wat ontluikend of opkomend is in terme van ’n tekort aan vaardighede.
Boere wat in terme van skaal ontluikend is, het te kampe met probleme
soos toegang tot markte, gehalte-insette, grond en finansiering. Sulke
boere is nie meer riskant as boere in ander kategorieë nie; dit is eerder
die omgewing waarin hulle werksaam is wat ’n vergrote risiko meebring.
Die onderneming van ’n tamatiekweker in Giyani is vanselfsprekend
meer riskant as dié van ZZ2 (kommersiële tamatiekweker), want die
skaal is kleiner en daar is nie marktoegang nie. Wat produksietegnieke
betref, val die tamatiekweker van Giyani egter in dieselfde kategorie as
enige topboer.
Sulke boere het ’n finansieringsprogram nodig wat ondersteuningstrukture
insluit. As so ’n boer byvoorbeeld gehelp kan word om ’n kontrak te
bekom om aan ’n groot kleinhandelaar te lewer, kan dié kontrak aan die
bank gesedeer word as sekuriteit vir sy of haar lening. Dit is egter ook
belangrik om, wat afsetooreenkomste betref, verby kleinhandelaars te kyk,
veral aangesien daar groot onbenutte potensiaal in informele markte is.
Bron: Andrew Makanete
2. Krediet
NB: Slegs kredietverleners wat by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR)
geregistreer is, mag krediet verleen. Besoek www.ncr.org.za vir inligting en
wenke, ook oor skuldberading en so meer
Verkryging van ’n lening of krediet by ’n handelsbank
Boere wat hulle boerderyonderneming wil vestig of uitbrei, kan finansiering
van handelsbanke bekom. Dit is egter belangrik dat hulle die bepalings en