630
waardetoevoeging en
landbouverwerking
Landbouverwerking
Raadpleeg ook die ander hoofstukke in die “Waardetoevoeging en
landbouverwerking”-afdeling.
1. Oorsig
Hierdie afdeling van die Agri Handboek vir Suid-Afrika handel oor die
waardetoevoeging tot die primêre landbouproduk. Hierdie finale produk
is wat verbruikers wil hê en waarvoor hulle betaal. Om hierdie rede word
boere dikwels aangeraai om meer betrokke te raak by aktiwiteite wat
plaasvind wanneer die primêre produk die plaas verlaat.
Die landbouverwerkings-/voedselverwerkingsbedryf bestaan uit verskeie
subsektore:
• vleisverwerking
• suiwelprodukte
• preservering van voedsel en groente
• graanmeulprodukte
• suikermeulens en -raffinaderye
• wyn
• vrugtesappe
• bier
• kakao, sjokolade en suikerverwante produkte
• bakkeryprodukte
• voorbereide dierevoedsel
Ander voedselprodukte/bestanddele, byvoorbeeld stysel en styselprodukte,
babakos, skyfies, bakpoeier, gis, smaakmiddels, geur- en reukstowwe,
mosterd, asyn, eetbare sout, en die verwerking en verpakking van tee en
koffie.
Agro-prosessering produseer ook ander nievoedselprodukte soos tabak,
essensiële olies, biobrandstowwe, biopolimere, bioplastieke en leer.
2. Internasionale sakeomgewing
Die tradisionele markte vir Suid-Afrikaanse voedselprosesseerders, naamlik
Europa en die VSA sal na te wagte lae groei toon oor die volgende twee
na drie jaar. Alhoewel, beduidende geleenthede bestaan in China, Indië,
Brasilië en Rusland, sowel as die Afrika-vasteland en Midde-Ooste streek.
Die DHN het Suid-Afrikaanse voedselprosesseerders versoek om aktief
ondersoek in te stel na hierdie geleenthede en om nuwe produkte en
verpakking te ontwikkel om die markgeleenthede wat hierdie lande en
streke verteenwoordig te ontgin.
Bron: Die artikel “DTI disbursed over R700m to food-processing sector” het verskyn op
26 Maart 2012 by www.engineeringnews.co.za.
Die internasionale Moslembevolking bestaan uit meer as 1,6 miljard
mense wat, as deel van hulle Islamitiese geloof, ’n Halaal-dieet volg
(Carnegie Endowment for International Peace). Die verbysterende
grootte en potensiaal van hierdie mark beloof ’n mosaïek van verbruikers
vir voedselvervaardigers.
Daar is twee sleutelaandrywers wat die Moslembevolking ’n toenemend
belangrike mark maak. Di RVW'7FR