628
waardetoevoeging en
landbouverwerking
Jag
Raadpleeg ook die “Wildboerdery” en “Voëlwild, watervoëls en ander
pluimvee” hoofstukke.
1. Oorsig
Inligting oor jag, byvoorbeeld regulasies en prosedures, is beskikbaar by
www.professionalhunters.co.za en www.sahunt.co.za
Jag was deel van ons land se geskiedenis van die vroegste tye. Met die koms
van die Europeërs het ’n nuwe tydperk aangebreek, en het wildgetalle begin
kwyn as gevolg van die gebruik van moderne wapens en die kommersiële
vraag na vleis, horings, tande en velle, in so ’n mate dat verskeie spesies
uitgesterf het. Gelukkig is die situasie uiteindelik onder beheer gebring toe
besorgde groepe stappe begin doen het om die oorblywende dierelewe te
bewaar. Dit was jagters wat die leiding in dié proses geneem het, en hulle was
ook verantwoordelik vir die vestiging van die eerste bewaringsorganisasies
in Suid-Afrika.
Die bekoring van die jag vir die moderne jagter is die ervarings wat met
’n jagtog gepaard gaan — die verlustiging in die buitelewe, die kans om te
ontsnap van die rustelose kom en gaan van die stadslewe, die samesyn met
vriende, en natuurlik die opwinding van die jag self. Gereguleerde jag as
sportsoort het nie die bedreiging of uitwissing van ’n enkele spesie veroorsaak
nie. In teendeel, die geld wat deur jagters bestee en bygedra word, betaal
vir wildbeskerming. Die moderne jagter is ’n ware omgewingsbewaarder
wat glo aan die wyse gebruik van hulpbronne tot voordeel van die hele
gemeenskap.
In die tweede helfte van die twintigste eeu is ’n nuwe model vir wildbestuur
op privaatgrond in Suid–Afrika ontwikkel. Grondliggend aan hierdie model
was die beginsels van die private besit van wild en toereikende omheining
om die diere in te kamp. Die kommersiële wildbedryf op privaatgrond het
klein begin in Suid-Afrika, maar het sedertdien bly ontwikkel. Baie boere
het landbougrond in wildplase omskep om voordeel te trek uit die winste
wat deur die groeiende wildbedryf gebied word. Sommige dele van die
land is omskep in lappieskomberse met wildplase wat deur hoë heinings
afgekamp is, en wildgetalle het oor die afgelope veertig jaar eksponensieel
toegeneem. Op plekke waar bepaalde wildsoorte nie meer voorgekom het
nie, het plaaseienaars wild van elders oorgeplaas om troppe op hul plase te
vestig en aan te vul. Só is nie alleen die getal diere vermeerder nie, maar
ook die diversiteit van spesies op privaatgrond. Die omwenteling in die
wildbedryf wat op privaatgrond in Suid-Afrika plaasgevind het, word deur
baie beskou as een van die wondere van bewaring in die wêreld.
Die dryfveer agter die hele proses was die markaanvraag van jagters met
’n begeerte om wild te jag. Volgens navorsing word soveel as 60% van
die totale inkomste van die kommersiële wildbedryf deur jag gegenereer.
Benewens die sowat 200 000 plaaslike jagters wat jaggebiede in die land
jaarliks besoek, moet besteding deur die talle buitelanders wa t die land
besoek in berekening gebring word. Die geld wat jagters bereid is om te
betaal vir trofeë, ontspanningsaktiwiteite en vleis, gee lewenskrag aan ’n
enorme bedryf met ’n totale waarde wat geraam word op meer as R7 miljard.
Jag was die hoeksteen van bewaringsontwikkeling in die twintigste eeu, en
dit lewer steeds die belangrikste bydrae tot bewaring aan die begin van die
21e eeu. Jag is ’n buitengewone vorm van volhoubare gebruik van bronne
wat reeds bewys het dat dit belangegroepe skep wat bewaringsinisiatiewe
stimuleer en operasionele inkomste genereer vir bewaringsbegrotings;
derhalwe is dit een van die vernaamste dryfvere van bewaring.
Mens kan nie anders as om trots te wees op die bydrae wat jagters en jag
oor baie jare aan bewaring gemaak het nie. Ons moet ’n beroep op jagters
doen om met trots te jag en om steeds voort te bou aan ’n erfenis. As
jagters het ons ’n verantwoordelikheid om ons rol in die natuur te vervul.
Jagters vorm ’n noodsaaklike deel van bewaring, soos dit uitgedruk word
in die slagspreuk van die Konfederasie van Jagverenigings van Suid-Afrika
(KJASA): “GEEN JAG — GEEN WILDLEWE NIE”.
Bron: Aangepas uit ’n bydrae tot hierdie projek wat deur professor Pieter van Niekerk
van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en CHASA gestuur is.
2. Betrokke verenigings
Konfederasie van Jagverenigings van Suid-Afrika (CHASA)
www.chasa.co.za
Bestuurder: Rory O’Moore Tel/faks: 041 922 5600 [email protected]
Voorsitter: Stephen Palos Tel: 082 905 7400 stephen@thegrillmaster.
co.za
Sekretaris: Matt Relihan Tel: 021 975 6324 [email protected]
CHASA is ’n oorkoepelende liggaam vir alle jagverenigings in Suid-Afrika; dit
funksioneer as ’n sentrale gespreksforum en spreekbuis wat op nasionale
vlak namens die jagbedryf in Suid-Afrika kan funksioneer.
Liggame wat by CHASA geaffilieer is:
• African Gamebird Research and Development Trust (AGRED)
www.agred.com
• Amatola Hunters Association www.amatolahunters.co.za
• Big Bore Association – Southern Africa www.bigbore.org
• Border Hunting Club www.borderhunting.co.za
• Bosveld
Jagters&
Wildbewaringsvereniging
www.
bushveldhunters.co.za
• Bosveld Wapen en Ammunisie Vereniging Tel: 082 856 7149
[email protected]
• Kaapse Jagters- & Wildbewaringsvereniging www.kaapjag.co.za
• Clay Target Shooting Association of Southern Africa (CTSASA)
www.ctsasa.co.za
• East Cape Game Management Association www.ecgma.co.za
• Handwapen Jagtersvereniging van Suider Afrika www.
handgunhuntersa.com
• Hoëveld Jagters- & Wildbewaringsvereniging Tel: 082 674 3569
[email protected]
• Kalahari Jagters- & Wildbewaringsvereniging Tel: 071 542 4561 /
082 448 1002, [email protected]
• KwaZulu-Natal Hunting & Conservation Association www.
kznhunters.co.za
• Noordkaap Jagtersvereniging Tel/faks:
053 831 1480
[email protected]
• Noordwes Jagters- & Wildbewaringsvereniging Tel: 018 468 3821,
nwjagters@@vodamail.co.za
• Problem Animal Control Association of South Africa Tel: 011
462 1050 [email protected]
• SA Jaggeweerskietvereniging Tel: 051 444 3590
• South African Falconry Association of South Africa (SAFA) Tel:
072 440 2494 [email protected]
• Suid-Kaap Jagters- & Wildbewaringsvereniging http://
suidkaapjagters.co.za
• Swartwitpens Jagtersvereniging www.swartwitpensjagters.co.za
• Vrystaat Jagters en Wildbewaringsvereniging www.fshunters.
co.za