60
• Konstruksie- en produksieskedules – as die boer eers ’n goeie insig in
die bedryf het, kan kort- en langtermynkonstruksie en produksieplanne
oorweeg word. Beplan vir geroetineerde onkruidverwydering en
kunsmistoediening. Ervaring het geleer dat dit goed is om hierdie
aksies te skeduleer. U moet ook ’n idee hê van wanneer nuwe
besproeiingstelsels opgerig sal moet word. Gewaswisseling moet ook
geskeduleer word. Deur vir hierdie dinge te beplan, sal help om die
begroting te laat klop en onkoste in bedwang te hou.
• ’n Omgewingsassesseringsplan wat rentmeesterskap vir die omgewing
beklemtoon. Belangrike komponente om te oorweeg, is die volgende:
gebruik van afloopwater, kwaliteitsversekering, weivelde en uitlope
uit strome en, in sommige gevalle, gronderosie. Die Departement van
Landbou kan nuttige inligting in hierdie verband voorsien.
• Politieke en wetlike aspekte van produksie – neem kennis van
beperkings sowel as ander wette wat ’n impak op produksie kan hê.
Die bemarkings- en produksieplan-komponent van die sakeplan help om
die raamwerk te voorsien om kontantvloei, asook groei en algemene
winsgewendheid na te gaan. Uiteindelik is dit die produkte wat geproduseer
en bemark word wat inkomste vir ’n boerderybedryf genereer. Tyd is nodig
om alle besonderhede van hierdie deel van die sakeplan te deurdink om die
algemene sukses van die onderneming te verseker. .
Bron: Opgestel deur Magna Carta Public Relations vir Standard Bank. Kontak 011 636
4978
7. Nasionale strategie en regeringskontakte
Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV)
Direktoraat: Bemarking
Tel: 012 319 8455
DM@daff.gov.za
www.daff.gov.za
Die doel van die Direktoraat: Bemarking is om mededingende, oop en
verteenwoordigende landboumarkte te ontwikkel, te bevorder en te
ondersteun. Die direktoraat bestaan uit die volgende subdirektorate:
• Plaaslike markontwikkeling
• Kommoditeitsbemarking
• Bemarkingsadministrasie
internasionale handelstendense, asook oor sake wat betref statutêre
maatreëls ten opsigte van landbouprodukte.
Die landboubemarkingsdereguleringsproses wat in 1997 ingevolge die
Wet op die Bemarking van Landbouprodukte (1996) begin is, is voltooi.
Landboubedrywe het ’n verskeidenheid liggame gevestig om in die plek van
die voormalige beheerrade die landbousektor te dien. Hierdie strukture
sluit in bedryfsforums, trusts, Artikel 21-maatskappye en produsenteorganisasies.
’n Vraag aan die leser:
’n Invoervervangingstrategie beteken om na die land se produkte te kyk
wat die meeste ingevoer is, en dan die plaaslike produksie van daardie
produkte aan te moedig deur verskeie dryfvere te gebruik. Daar sal
natuurlik sekere produkte wees wat nie in ’n land geproduseer kan word
nie, weens beperkings buite die land se beheer. Dus is die Invoervervang
ingstrategie nie op alle produkte van toepassing nie.
Indien u in beheer was van die landboubeleid in Suid-Afrika, watter
maatreëls sou u tref om die produksie van die volgende toplandbouinvoerprodukte aan te moedig: koring, tabak, boerboontjies, katoen,
koffie, tee, rys, sojaoliekoeke, palmolie, whisky, sojaolie, hoender,
sonneblomsaad, sardientjies en diereafval?
8. Belanghebbendes
Let wel: Bemarkingsdiplomas en modules word by verskillende kolleges en
universiteite aangebied.
Aginfo (AMT)
Tel: 012 361 2748
www.agrimark.co.za
Die Buro vir Voedsel- en
Landboubeleid (BFAP)
www.bfap.co.za
Agri Promo (www.agripromo. CIPS – The Chartered Institute
co.za) is a one-stop agricultural of Purchasing and Supply
media and marketing company
www.cips.org/en-ZA
Departement van Handel en Nywerheid (DHN) – Vind
kontakbesonderhede in die hoofstuk oor landbouverwerking of besoek
www.thedti.gov.za.
Agri-Africa Consultants
Tel: