Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 595

593 • www.fil-idf.org, webtuiste van die Internasionale Suiwelfederasie. Besoek ook die suster webtuistes soos www.idfdairynutrition.org en www.dairy-sustainability-initiative.org. • Kry die huidige wêreldproduksie, mark- en handelsverslae by www. fas.usda.gov/currwmt.asp, die buitelandse landboudiens van die VSA se landboudepartement. 3. Plaaslike sakeomgewing Lacto Data, ’n publikasie wat u by www.mpo.co.za kan lees, verskaf die jongste statistiek oor die suiwelbedryf. Lae produsentepryse, ten tye wanneer insetpryse stelselmatig klim, bly kommerwekkend. Melkkopers toon min belangstelling om ’n volhoubare suiwelboerderysektor aan te moedig. Terwyl produsentepryse afgeneem het sedert 2009 het insetpryse skerp gestyg. • Mieliepryse het gestyg met 80% en sojapryse met 26% wat gelei het tot ’n 61%verhoging in gesamentlike pryse • Die melk:voer prysverhouding (’n belangrike aanwyser van suiwelwinsgewendheid) het verswak tot sy laagste vlak sedert die begin van 2010. • Die pryse van plaagdoders het toegeneem met tussen 23% en 39% vanaf September 2010 en die dieselprys het toegeneem met 26%. • Boere betaal nou 73% meer vir elektrisiteit en hierdie syfer klim! Hierdie kombinasie van laer produsentepryse en hoër insetpryse plaas ernstige druk op melkprodusente en beperk enige kanse vir hoër produksie. Bron: dr. Koos Coetzee, hoofekonoom by die MPO, in ’n vergelyking van die statistiek van einde 2011/begin 2012 met die van 2008. Die suiwelbedryf in Suid-Afrika doen sake volgens die beginsels van die ope markstelsel wat beteken dat gesubsidieerde suiwelprodukte van die Europese lande en die VSA ingevoer word. Dit plaas ook enorme druk op die plaaslike produsente. Suiwelprodusente het ’n aantal bemarkingsgeleenthede: • Verkoop direk aan verbruikers: Produsente kan ’n goeie verhouding met plaaslike verbruikers bou. • Verkoop aan ’n handelaar, byvoorbeeld ’n klein kafee of supermark • Verkoop aan ’n verwerker. • Voeg waarde toe deur verwerking (sien die hoofstuk oor suiwelprosessering in die laaste afdeling van hierdie handboek). • Voeg waarde toe deur verpakking. Verpak melk of ander produkte aantreklik en funksioneel. 4. In Opmerking oor die beheer van vlieë Dit is welbekend dat vlieë die voerinname op suiwelplase waar vliegbeheer nie toegepas word nie, kan verminder. ’n Daling van tot 35% in melkproduksie is moontlik waar vlieë nie beheer word nie. Hulle versprei ook siektes soos mastitis van koei tot koei. Dit is lonend om in ’n jaarlikse vliegbeheerprogram te belê. Vermy die opbou van mis en beddegoed, en herstel waterkrippe wat lek, om te verhoed dat vlieë in hul miljoene vermeerder. Oplossings vir vlieë: • Bio-Fly (Edms) Bpk Sel: 083 601 7221 www.biofly.co.za • Bio-insectaries SA (BISA) Tel: 042 286 0978 www.bioinsectsa.com • Plant Health Products Tel: 033 266 6130 www.plant-health.co.za 5. Melkoptekening Die voordele van deelname aan die melkoptekeningskema Melkoptekening is van die uiterste belang, nie net vir die individuele boer nie, maar vir die hele suiwelbedryf. • Melkoptekening voorsien die boer van die jongste inligting oor die opbrengs van sy koeie en die komposisie van hul melk (die persentasie vet en proteïen, en die tellings vir laktose, ureum en somatiese selle). Hierdie inligting lê die grondslag vir ingeligte tropbestuur en winsgewendheid. • Dit verhoog die winsgewendheid van die trop deur genetiese verbetering te maksimeer. • Dit help die boer om ’n lae somatiesesel-telling (SST) vir sy trop te handhaaf deur die SST van individuele koeie te moniteer en waar nodig betyds die gepaste stappe te doen. • Dit stel die boer in staat om beeste korrektief te paar. • Die waarde van die diere van produsente wat by die skema aansluit, styg. Kopers is geneig om meer te betaal vir diere waar bykomende inligting soos prestasietoetstresultate en teelwaardes beskikbaar is. Aansluiting by die skema Deelname verg geen buitengewone vaardighede nie. Die boer moet slegs rekord hou van basiese dinge soos toetsdatums. Aangesien nie alle boere die tyd en/of mannekrag het om melkoptekening te doen nie, kan die LNR versoek word om tegnici of melkoptekenaars te stuur om die toets te doen. Die boer betaal vir die aflewering en toetsing van die monsters, die beheer en instandhouding van standaarde en die dataverwerking. Benewens die LNR, behartig die SA Stud Book en Dairy Express (d.w.s. SA Holstein) ook ’n rekordhoudingskema.