523
3. Opleiding en navorsing
akkerbou & tuinbou
Suikerriet
1. Oorsig
• Die bruto waarde van suikerriet is die tweede grootste van alle
oesgewasse in Suid-Afrika. Dié van mielies is die grootste.
• Die suikerrietbedryf lewer ’n belangrike bydrae tot die Suid-Afrikaanse
ekonomie wat betref die bedryf se landbou- en nywerheidsbeleggings,
sy valutaverdienste, werkverskaffing sowel as sy verskaffers, steunnywerhede en kliënte.
• Nagenoeg 27 036 geregistreerde suikerrietverbouers produseer
jaarliks gemiddeld 19,9 miljoen ton suikerriet by 14 meulens wat strek
van Noord-Pondoland in die Oos-Kaap tot die Laeveld in Mpumalanga.
Meer as 25 200 suikerrietboere verbou suikerriet op klein skaal. In
die 2011-2012-seisoen het 13 044 van hulle suikerriet gekweek. Dit
maak 9,31% van die totale suikerrietoes uit. Danksy die ekonomiese
ontwikkeling en bemagtiging van voorheen benadeeldes, verbou al
meer swart boere suikerriet.
• Daar is sowat 1 730 grootskaalse kwekers (onder wie 323 swart
ontluikende boere) wat 83,2% van die land se totale suikerrietproduksie
lewer. Meulenaarsmaatskappye wat hulle eie suikerrietplase besit
produseer 7,48% van die totale suikerrietoes.
Die Suid-Afrikaanse suikerrietbedryf kan die regering se oogmerke vir die
opwekking van groen energie, soos hernubare elektrisiteit en bio-etanol,
help verwesenlik.
Toonaangewende suikerrietprodusente, soos Brasilië en Indië, benut
reeds suikerriet vir die opwekking van hernubare energie. Die volle
waarde van suikerriet word ontsluit deur afgesien daarvan om suiker
daaruit te maak, ook elektrisiteit daarmee op te wek en etanol daaruit te
vervaardig. Die volle benutting van suikerriet verseker ’n blink toekoms
vir die Suid-Afrik