50
AFGRI Labworld, bekend vir die verskaffing van uitstekende instrumentasie
en toerusting, is ’n leidinggewende verskaffer van laboratorium- en
wetenskaplike analitiese toerusting wat gebruik word in die landbou-,
voedsel-en-drank-, mynbou- en petrochemiese nywerheid. Kliënte
kry allesinsluitende oplossings vir al hul ontledingsbehoeftes, waardeur
doeltreffende produkontwikkeling moontlik gemaak word.
Nedan is AFGRI se aanleg vir die pers van oliesade en die ekstraksie en
raffinering van die olie. Die aanleg, ’n leier op die gebied, verwerk olies en
ander grondstowwe tot eetbare produkte vir die voedselverwerkings- en
die kitskosbedryf. Nedan stel hom dit ten doel om die tegnologies mees
gevorderde olie- en proteïenmaatskappy in Suid-Afrika te wees, ’n doelwit
wat nagestreef word deur deurlopende produkontwikkeling en vernuwende
verwerkingsdoeltreffendheid in die aanleg.
AFGRI Financial Services, die laaste skakel in die waardeketting, bied
pasgemaakte oplossings deur kapitaal, makelary en versekering.
Die afdeling GroCapital bied finansiële oplossings vir ’n verskeidenheid
van kliënte waardeur winsgewendheid en groei uiteindelik bevorder
word. GroCapital bied gespesialiseerde finansierings- en innoverende
oplossings waarin sterk klem gelê word op die ontluikende markte en wat
internasionale handel en buitelandse valuta toelaat. Gespesialiseerde kennis,
gestruktureerde handel en skuldoriginering het GroCapital as ’n leidende
verskaffer gevestig.
AFGRI Broking fasiliteer die regte beskerming teen valutabewegings met
valutatermynkontrakte en opsies van die JSE, ’n noodsaaklike oorweging
vir kommersiële boere en ’n wisselvallige valutabeurs.
AFGRI Insurance is ’n saamgestelde versekeringsmakelaar wat in alle aspekte
van korttermyn- en langtermynversekering spesialiseer, veral die risiko’s
waarvoor die hedendaagse boer te staan kom.
’n Nuwe skakel in die AFGRI-finansiëlediensteketting is Farmer Lending, wat
vroeër deel van GroCapital was. Famer Lending bied aantreklike koerse vir
seisoenale behoeftes, kapitaalbesteding en toekomstige uitbreidings. Dit
behels verhoudinge, befondsing en voordele vir alle boere.
Kaap Agri
Hoof kantoor
Tel: 022 482 8000
Faks: 022 482 8008
www.kaapagri.co.za
Kaap Agri is ’n landboudienstegroep wat goedere en dienste hoofsaaklik aan
die landbousektor, asook die algemene publiek, versprei. Hierdie goedere
en dienste sluit in:
• direkte landbouproduksie-insette soos brandstof, kunsmis, saad en
plaagbeheer
• dierevoeding, dieregesondheid en troeteldier verwante produkte
• brandstof en olies
• industriële en huishoudelike gas
• tuin- en landboubesproeiingsprodukte
• verwante produkte soos snoeiskêre, gereedskap en opleimateriaal
• omheiningsmateriaal soos draad en pale
• verpakkingsmateriaal vir die vrugtebedryf soos kartonne, sakkies,
bakkies en rakkies
• industriële verpakkingsmateriaal en palette
• boumateriaal soos sement, hout, verf, sink en plastiek
• tuinboubenodigdhede soos gereedskap, kunsmis en chemikalieë
• doen-dit-self items soos gereedskap, lere, skroewe en toebehore
• kampeertoerusting en verwante toebehore vir die buitelugentoesias
• voedsel, skoonmaakmiddels en beskermende klerasie
• wyn en spiritualeë in sekere winkels
• meganisasiedienste soos trekkers en implemente, vervaardiging en
herstelwerk, en onderdele
• graanhanteringsdiente – ontvangs, gradering en opberging van
hoofsaaklik koring
• graanbemarkingsdienste – verskeie bemarkingsopsies aan produsente
• vervaardiging en verspreiding van besproeiingstoerusting
• finansiering van hierdie dienste en produkte
Geografiese verspreiding van bedryfspunte )-