Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 511

509 akkerbou & tuinbou Snyblomme 1. Oorsig • Suid-Afrika het ’n diverse en uiters geskikte natuurlike omgewing vir die produksie van blomme. Binne- en buitenshuise produksie vind regoor die verskillende klimaatstreke van Suid-Afrika plaas. • Die algemeenste produkte sluit die volgende in: rose, angeliere, krisante, proteas, loof, gipskruid en Limonium (papierblom), en ’n wye reeks blomme wat van saad gekweek word, soos Lisianthus, Delphinium (ridderspoor), Helianthus, Craspedia, Carthamus, asook grasse • Suid-Afrika se inheemse blomme soos Gladioli, Nerina, Freesia en Gerberas het baie jare se intensiewe navorsing ondergaan in Europa en het wêreldwyd vername gewasse geword. • Blombolle word ook in groot getalle in ’n groot verskeidenheid spesies geproduseer. • Produksie is bestem vir beide die plaaslike mark en verskillende uitvoermarkte • Suid-Afrika is die voorste uitvoerder van protea plukblomme, wat vir meer as die helfte proteas wat op die wêreldmark verkoop word, rekeningskap gee. Die grootste konsentrasie van Suid-Afrikaanse proteas en die sogenaamde fynbos (Cape greens) is in die Wes-Kaap. • Uitvoermarkte sluit in Europa, die Midde-Ooste, Asië, Australië en die VSA. Bronne: Jac Duif en die SA Yearbook 2010-11 wat by www.gcis.gov.za gekry kan word. 2. Plaaslike sakeomgewing Die Multiflora blomveiling is verreweg die belangrikste en gerieflikste bemarkingskanaal vir plaaslike bemarking. Die veiling, by City Deep bied daaglikse veilings aan van Maandae tot Saterdae vanaf 07:00 waar die vernaamste agente en groothandelaars blomme koop. Die veiling is markgedrewe en pryse vir produkte word deur vraag en aanbod bepaal. Vir nuwelinge in die bedryf is ’n besoek aan Multiflora absoluut noodsaaklik om die hartklop van verkope in die blomkwekerybedryf in Suid-Afrika te sien. Kontak 011 613 4011, e-pos [email protected] of besoek www. multiflora.co.za vir meer inligting. Daar ook ’n sterk netwerk van blomgroothandelaars, verspreiders en uitvoerders. Bunches for Africa koop, byvoorbeeld blomme van boere. Besoek www.bunchesforafrica.com vir meer inligting. ’n Ander voorbeeld is Flora Town wat altyd blomveilings gedoen het maar nou op invoer/uitvoer en groothandel/kleinhandel fokus. Skakel hulle by 011 548 0700. Die webwerf www.multiflora.co.za gee die kontakbesonderhede uit van blomwinkels, agente en blomgroothandlelaars in die Groter Johannesburg gebied. 3. Vir die nuwe toetreder U wil dus ’n blomboer word? Potensiële kwekers en beleggers moet vooraf nadink oor ’n paar baie belangrike feite. Die blombedryf is kompleks en vereis gespesialiseerde kennis en insette met die volgende vereistes: 1. Massiewe kapitaaluitgawes (gewoonlik miljoene rande) 2. Uitgebreide tegniese kennis – ’n kweker doen gewoonlik kennis binne ’n familiebedryf op 3. Intensiewe, volhoubare daaglikse bestuur 4. ’n mark is die belangrikste die oorvoorsiening van gewasse op die plaaslike mark kom dikwels voor wat lei tot ’n afwaartse neiging van pryse. Die uitvoermark is nuut en steeds besig om uit te brei, maar verg sorgvuldige markbeplanning. Volgens ’n tegniese dokument by die World Bank, word die volgende voorvereistes vir die Suid-Afrikaanse blomhandel gestel: 1. Basiese markgeleentheid. ’n Mens moes al die produk verkoop het voordat daar met die onderneming begin is of ‘u moet weet waar daar ’n mark vir die produk bestaan voordat dit geplant word. Toegang tot Europa is moeilik en duur. Daar is dikwels ’n ooraanbod en dit is die boere wat aan die kortste ent trek. 2. Beskikbaarheid van volhoubare menslike kapitaal. Menslike kapitaal in die vorm van geleerde en toegewyde mense wat bereid is om die risiko te loop word vereis. Suid-Afrikaanse arbeid is, vergeleke met die res van Afrika, nie meer goedkoop nie. 3. Minimale vlak van infrastruktuur. Dit het betrekking op die beskikbaarheid van lugvrag, verkoelingsfasiliteite, paaie, telekommunikasie, ens. Ook van belang is ’n interne infrastruktuur wat verband hou met kweekhuise, besproeiingsvoeding, plaagdoderstelsels, verhitting en verkoeling, en bergingsfasiliteite. 4. Finansieringsreëlings. Hoëkapitaalbelegging is ’n voorvereiste. Voordat u met ’n nuwe plaas begin, is ’n uitvoerige besigheidsplan nodig. Kwessies soos die weer, grondsoorte, watergehalte, bemesting en spuitprogramme moet aangeroer word. Konsultante kan dalk met behulp van ’n kontrolelys werk, wat sal help om die geleenthede of swakhede van u voornemende onderneming te identifiseer. 1. Johannes Maree 082 564 1211 (Tegniese adviseur – algemeen) 2. Leon Hefer 011 416 6069 / 082 789 0499 [Alstroemeria (Inkalelies)] 3. Jac Duif 082 443 1755 (Blomme van saad) 4. Hentie Boshoff 018 290 6019 (Markinligting en beplanning) 5. Louise de Klerk 013 752 4247 (Tegniese adviseur: Gerberas) Arend Doorduin 082 577 6507 [email protected] 6. (kwekeradvies, tegniese advies, lewensvatbaarheidstudies) 4. Nasionale strategie en regeringskontakte Raadpleeg www.daff.gov.za webtuiste van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye vir inligting en die kontakbesonderhede van die verskillende direktorate. Neem die “Divisions”-kiesopsie. Perishable Products Export Control Board (PPECB) Tel: 021 930 1134 www.ppecb.com 5. Verenigings wat betrokke is Suid-Afrikaanse Blomkwekersvereniging (SAFGA) Tel: 082 852 7258 www.saflower.co.za South African Flower Export Council (SAFEC) Tel: 021 870 2900 www.saflower.co.za