484
Alhoewel koffie die tweede mees verhandelde kommoditeit na olie
is, is koffieprodusente van die armste saaiboere van kommoditeite in
die wêreld. Die koffiemark word op ongeveer VS$75 miljard geskat.
Koffieprodusente kry slegs VS$5 miljard hiervan.
’n Dokumentêre film oor die koffiebedryf, Black Gold, het ondersoek
ingestel oor die onregverdigheid ten opsigte van die prys wat die
koffieprodusent vir koffiebone betaal word in vergelyking met die prys
waarteen ’n koppie koffie in die ontwikkelde ekonomieë of middelklas
ontluikende marke verkoop word.
Die Internasionale Koffie-ooreenkoms, wat koffiepryse vir uitvoerders
stabiliseer, het ineengestort toe die VSA sy steun onttrek het. Nou
het vier multinasionale maatskappye (Nestle, Procter & Gamble, Kraft
en Sara Lee) beheer oor die meeste van die wêreld se koffiehandel en
bepaal hulle die koffieprys.
Bron: “The problem with coffee” in die Farmer’s Weekly, 1 Julie 2011
3. Plaaslike sakeomgewing
Suid-Afrika voer feitlik al sy koffie in. Ons produseer meer as ’n 100 ton
jaarliks (dit is 0.4% van wat ons in Suid-Afrika drink).
Die verbouing van koffie en uitvoer van rou bone is steeds nie ’n lewensvatbare
opsie in hierdie land nie, hoofsaaklik omdat dit so arbeidsintensief is.
Hangende grondeise tel ook onder die struikelblokke.
Daar is egter ’n aantal boere wat wel koffie aanplant, maar dit lyk asof
koffie ’n kleinerige huisbedryf sal bly wat staatmaak op toerisme, direkte
bemarking en waardetoevoeging om die nodige gapings te vul.
’n SWOT-ontleding:
Sterk punte
• Die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese
Gewasse op Nelspruit het steeds genoeg kundigheid om navorsing
op die gebied te onderneem.
• Volgens die Instituut skep koffieproduksie meer werksgeleenthede
as enige ander subtropiese tuinbougewas.
• Die kleinhandelspryse van koffie in RSA is betreklik hoog. As waarde
toegevoeg word en die produk plaaslik bemark word, kan die gewas
steeds winsgewend wees, selfs in tye wat die internasionale pryse as
gevolg van ’n ooraanbod daal.
Swak punte
• Die rouboonbedryf is geweldig arbeidsintensief.
• Die lae verkoopprys van rou bone en hoë produksiekoste maak
dit moeilik om met sekere Derdewêreldlande mee te ding, veral in
terme van minimumlone.
Vanweë die hoë vlak van te