479
2.
Plaaslike sakeomgewing
• Die produksie van kanola in Suid-Afrika is gewoonlik laer as die aanvraag
en gunstige pryse word behaal.
• Die grootste afsetpunt vir kanola in die Wes-Kaap is die nywerheidsmark,
omdat die olie goeie emulgeringseienskappe het.
• Daar is ruimte vir groei in die mark vir gebottelde kanolaolie omdat
verbruikers dit nie goed ken nie. Dit is ook redelik onbekend in die
nywerheidsdiepbraaimark.
• Kanola is ’n goeie bron van proteïen in dierevoer en groot hoeveelhede
proteïen vir dierevoer moet jaarliks ingevoer word.
• Die kanolabemarkingseisoen in Suid-Afrika begin op 1 Oktober en
eindig op 30 September van die daaropvolgende jaar.
• Sien die Monthly Bulletin op die SAGIS-webtuiste vir opgedateerde
inligting.
• Vind die kanola graderingsregulasies onder die “Documents and
brochures” opsie by www.graansilo.co.za.
• Die plaaslike aanvraag na plantolies is na raming 720 000 ton per
jaar.
• Ongeveer 300 000 tot 350 000 ton plantolie word in Su