45
2. Stedelike landbou
inleiding
Die stedelike vraag
Sien ook die hoofstukke oor menslike nedersettings en voedselsekerheid
1. Oorsig
“Ons maak tans staat op ’n voedselafleweringsketting wat in alle opsigte
onvolhoubaar is, maar so verwyderd is van ons bewussyn dat ons dit as
vanselfsprekend aanvaar en selde die etiese of omgewingsimpak bevraagteken.
Hoe sal stede hulleself voed as klimaatsverandering en spitsolie ons lewens begin
beïnvloed?” Prof. Michael Rudolph
Die vinnige verstedeliking wat plaasvind, gaan gepaard met ’n snelle toename
in stedelike armoede en stedelike voedselonsekerheid. Die meeste stede in
ontwikkelende lande ervaar ernstige probleme met die hantering van hierdie
ontwikkeling en kan nie voldoende formele werksgeleenthede vir die armes
skep nie. Hulle ervaar ook toenemend probleme om van stedelike afval en
afvalwater ontslae te raak en met die gehalte van die lug en rivierwater.
Stede like landbou bied ’n aanvullende strategie. Buiten voedselsekerheid
kan stedelike landbou bydra tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling,
armoedeverligting en sosiale insluiting van die stedelike armes – vroue in
die besonder – asook om die stad groener te maak en om stedelike afval op
’n produktiewe wyse weer te gebruik.
Die belangrikheid van stedelike landbou word toenemend deur
internasionale organisasies soos UNCED (Agenda 21), UNCHS (Habitat),
FAO (VN se Food and Agriculture Organisation) en CGIAR (International
Agricultural Research Centres) erken.
Bron: Aangepas uit aantekeninge op die RUAF Foundation se webtuiste, www.ruaf.
org.
In die verslag oor Suid-Afrika wat vrygestel is het in Maart 2012, het die
VN se rapporteur gemeld dat hy veral beïndruk was met die strategie en
programme wat in plek gesit is by Durban/Thekwini munisipaliteit wat ’n
peri- stedelike agro-ekologie bekendgestel het in2009.
Die stad, Durban het ’n opname gemaak van 800 tuine en hul benodighede
en toe ongeveer 3,000 tuine gekarteer deur middel van beoordeling en
lugfoto’s. Indien dit behoorlik ondersteun word deur openbare owerhede
sal hierdie tuine progressief sowat 60 000 werksgeleenthede skep.
Die gebied, wat ’n tuiste is vir 3.5 miljoen mense is, is verdeel in vier
landboukundige sones met toegang na paaie en bondgenootskapgebiede.
Ses middelpunte van landboukundige-ondersteuning is gevestig of word
ontwikkel insluitende vertoningspersele wat argo-ekologietegnieke
vertoon, ’n navorsing- en ontwikkelingsentrum oor argro-ekologie,
opleidingsterreine,
verpakking en bemarkingsmiddelpunte en ’n
toekomstige saadbank.
Bron: van die verslag oor Suid-Afrika van die VN Spesiale rapporteur oor“the Right
to Food” Maart 2012. Kry dit op www.ohchr.org en op www.agbiz.co.za.
Stedelike landbou kan kortliks omskryf word as die aanplant van plante
en die teling van diere in en rondom stede.
Die opvallendste kenmerk van stedelike landbou, asook dit wat dit van
landelike landbou onderskei, is dat dit by die stedelike ekonomiese en
ekologiese stelsel geïntegreer word. Hierdie integrasie sluit in: die gebruik
van stedelike inwoners as arbeiders; die gebruik van tipiese stedelike
hulpbronne (soos organiese afval as kompos en stedelike afvalwater vir
besproeiing); direkte skakeling met stedelike verbruikers; direkte uitwerking
op stedelike ekologie (positief en negatief); om deel van die stedelike
voedselstelsel te wees; om mee te ding vir grond wat ander stedelike
funksies het; en om deur stedelike beleide en planne beïnvloed te word.
• Stedelike landbou kan in die hartjie van die stad (intra-stedelik) of in
buitestedelike gebiede bedryf word. Die bedrywighede kan op die
erf of op ’n stuk grond wat nie aan die woning grens nie, plaasvind.
Dit kan ook op privaat grond (privaat besit of gehuur) of op openbare
grond (parke, bewaringsgebiede, langs paaie, strome en spoorlyne) of
semi-openbare plekke (skoolterreine, die gronde van hospitale) bedryf
word.
• Stedelike landbou sluit voedselprodukte uit verskillende oesgewasse
(grane, wortelgewasse, groente, sampioene, vrugte) en diere (pluimvee,
hase, bokke, skape, beeste, varke, marmotte, vis, ensovoorts), asook
nie-voedselprodukte (soos aromatiese en medisinale kruie, ornamentele
plante, boomprodukte, ensovoorts) of ’n kombinasie hiervan in.
Dikwels word bederfbare groente, diereprodukte en neweprodukte,
asook produkte met ’n betreklike hoë waarde, verkies.
• In die meeste stede in ontwikkelende lande word ’n groot deel
van stedelike landbouproduksie vir eie gebruik verbou, terwyl
oorskotprodukte verhandel word. Die belangrikheid van die
markgeoriënteerde stedelike landbou, in sowel volume as ekonomiese
waarde, moet egter nie onderskat word nie (soos later aangetoon sal
word). Produkte word by die plaashek, vanuit karretjies in dieselfde of
ander woonbuurtes, in plaaslike winkels, op plaaslike (boere-) markte
of aan tussengangers en supermarkte verkoop. Vars produkte word
hoofsaaklik verkoop, maar ’n gedeelte daarvan word vir eie gebruik
verwerk, gekook en op straat verkoop; of dit word verwerk en verpak
om aan een van die verkooppunte wat hierbo genoem word, verkoop
te word.
Stedelike landbou is ’n integrale deel van die stedelike stelsel.
Bron: Aangepas uit aantekeninge op die RUAF Foundation se webtuiste, www.ruaf.org
3. Afrika sakeomgewing
In 2008, vir die eerste keer in mensegeskiedenis, het die aantal mense
wat die stedelike gebiede bewoon die landelike bevolking oorskry.
Dieselfde sal egter nie in Afrika-stede plaasvind tot bykans 2050 nie.
Afrika het nogtans verstedelik teen ’n ongekende tempo -het 40%
bereik in 2012, op vanaf 19% in 1960.
As gevolg van die uitwerking van verwikkelinge in stedelike bevolkingsgroei
op die ekonomie en ander sosiale faktore is dit belangrik dat leiers van
Afrikastate en beleidsmakers behoorlik vir die oorgang beplan. Die
veranderinge wat sal plaasvind en inderdaad klaar begin plaasvind het,
in terme van verstedeliking, moet in langtermynbeplanning gekanaliseer
word, want as dit nie gedoen word nie sal dit lei tot moontlike politieke
en ekonomiese onstabiliteit.
Bron: Eye on urbanisation: Nigeria wat gekry kan word op www.polity.org.za.