Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 462

460 (Chenopodiaceae) is een van die belangrikste groentesoorte. Dit is ’n tweejarige plant, en vier duidelik onderskeibare soorte word vir verskillende doeleindes verbou: • Tuinbeet, beet of tafelbeet as tuingroente • Suikerbeet, ’n baie belangrike bron van suiker • Mangelwortel, ’n vlesige veevoer • Blaarbeet of spinasiebeet vir die blare wat óf geëet óf as smaakmiddel gebruik word Beet is ’n algemene gewas in Suidelike Afrika en gewild by die meeste etniese groepe en kulture. Plae en siektes is nie groot bekommernisse nie en dit is relatief maklik om beet te verbou. Beet word dwarsdeur die jaar gesaai om in die markvraag te voorsien. Wanneer die beet in die koel winterseisoen geoes word, neem dit langer om oesgereed te word en genoeg tyd moet hiervoor toegelaat word. Suid-Afrika se mark vir vars beet is uitst ekend en beide die bol en die blare word verbruik. Twee nuwe nismarkte vir vars beet is: • Klein ronde beetjies vir die plaaslike sowel as die uitvoermark. Hierdie variëteite sal na verwagting eenvormige klein, ronde beetwortels produseer wat geoes word wanneer hulle tussen 20mm en 30mm in deursnee is. • Kleinbeetblare van verskillende kleure wat as vars slaai bemark word. ’n Ontleding van vars groente se kwekersmarkpryse toon dat die hoogste pryse in April behaal word omdat dit so moeilik is om beet gedurende die warm seisoen te verbou; hoë pryse word ook in Julie en Augustus behaal vanweë die koel winterstoestande. Die wortels van beet kan gekoop en geëet word as ’n gekookte groente of gebruik word in slaaie. Beet word dikwels ingelê, óf heel óf gekap, en in asyn, gekrui of in ’n soetsuursous bedien. Beet kan ook gebruik word as voedselkleursel, want dit gee kleur sonder om die smaak te verander. Dit word op dié manier gebruik in roomys, gevriesde nageregte, joghurt en ander kommoditeite. Bron: Sakata Seeds en die Beetroot Value Chain Profile: 2010-2011 by www. daff.gov.za. 4. Blaarslaai Vind die Lettuce Value Chain Profile: 2010-2011-dokument by www.daff.gov.za. Blaarslaai is ’n gewas wat jaarliks in koel weer aangeplant word en nie te erg beskadig word deur winterkoue en ligte ryp nie, maar hewige ryp skroei die blare erg. Blaarslaai se toleransie vir koue of hitte mag merkbaar wissel van een kultivar na die ander. Blaarslaai word hoofsaaklik in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng, Oos-Kaap, Limpopo en Noordwes geproduseer. Suid-Afrika is selfversorgend wat blaarslaaiproduksie betref; 99% van SuidAfrika se blaarslaai word vir huishoudelike gebruik geproduseer. Suid-Afrika se gemiddelde blaarslaaiverbruik is ongeveer 31 958 ton per jaar. 5. Kool en soortgelyke groente Kry die dokument Cabbage Value Chain Profile: 2010-2011 onder die opsies “Publications” en “Agricultural Marketing” by www.daff.go.za. Die dokument sluit ’n in- en uitvoeranalise in. Die produksie van kool is altyd ’n aanloklike keuse. Soos die meeste ander groente word kool grotendeels vir nasionale varsproduktemarkte, die informele mark en kettingwinkels geproduseer. En soos vir die meeste ander groente het ’n mark vir gehalte en diversiteit ontwikkel wat lonende geleenthede skep wat produsente nie kan ignoreer nie. nadelig. Broccoli is die gevoeligste van hierdie gewasse vir ryp, en die koppe kan beskadig word indien die temperatuur onder –2ºC daal. Koolgewasse kan swaarkry wanneer die temperatuur baie hoog is. Dit is noodsaaklik om die regte variëteit gedurende die somer te verbou. Die kultivars moet die hitte kan verdra en teen swartstamvrot bestand wees. Bron: Sakata Seed Southern Africa (Edms.) Bpk. Kontak hulle by 011 548 2800 of besoek www.sakata.co.za. • Kool word rou gebruik in slaaie (soos koolslaai), as ’n gekookte groente, as bestanddeel van soppe en bredies, of gepreserveer as piekels of suurkool. • Kool word ook gedehidreer vir gebruik as geurmiddel (droog, gevlok of in poeiervorm) in soppe en as ’n bestanddeel in ander gedehidreerde kosse. • Koolblare word gebruik om akute inflammasie te behandel. ’n Pasta van rou kool kan in ’n koolblaar gesit word en om die aangetaste deel gedraai word om ongemak te verminder. • Kool kan ook ingelê, ingesout en gevries word, en koolsap word gebruik om ink te maak. Bron: Die Cabbage Value Chain Profile: 2010-2011-dokument by www.daff.gov. za 6. Knoffel Kry die Garlic Value Chain Profile: 2010-2011-dokument by www.daff.gov.za. • Knoffel is nou verwant aan uie, preie en grasuie. Dit het voedsame, medisinale en kulinêre waarde, en word wyd gebruik as geurmiddel vir disse, piekels en souse. • Die meeste kommersiële knoffelproduksie is op kontrak tussen die kweker en die koper. Invoere van die Ooste, waar produksiekoste laer is, het meer as die helfte van die plaaslike mark oorgeneem. • Dit word ook na ander lande uitgevoer met behulp van uitvoeragente en bemarkingsmaatskappye. Daar is standaarde ten opsigte van die gradering, verpakking en gehalte merk vir knoffel. Deur hieraan te voldoen sal daar meer vertroue wees in die knoffel wat plaaslik geproduseer word. • Knoffel is ’n waardevolle gewas wat vars of gedroog bemark kan word, of as gesertifiseerde saad verkoop word. Die grootste deel van Suid-Afrika se knoffel-oes word gedehidreer en gebruik in ’n geprosesseerde kosse. Die knoffelknol kan afgeskil, gesny, gevlok en gedroog word. Dit kan verpak word of verder geprosesseer word as spesery, in groentemengsels en in smere. Indië produseer ook reuklose olie en oleoresin van knoffel. Knoffel kan uitwendig vir velprobleme en swaminfeksies gebruik word. Dit word ook as ’n insekafweermiddel gebruik. Daar word ook beweer dat knoffel help om bloedsuikervlakke te reguleer. Bron: Garlic Value Chain Profile: 2010-2011 by www.daff.gov.za 7. Komkommers Vind die Cucumber Value Chain Profile: 2010-2011-dokument by www.daff.gov.za. Komkommers kom oorspronklik uit Indië. Tegnies gesproke is dit ’n vrug, maar dit kan ook as ’n groente geklassifiseer word. Dit word gewis beskou as ’n vrug en so geëet. Komkommer kan gekook word, maar word meestal vars in slaai, in koue soppe en in souse met ’n komkommerbasis geëet. Komkommers is ook ’n voorkeurbestanddeel van piekels. Piekels word gemaak deur die komkommer in gekruide piekelwater of ’n asynoplossing te plaas. Daar is ’n groot vraag na komkommersap – dit word in verskeie kosmetiese middels gebruik om die vel af te koel en omdat dit ’n kalmerende uitwerking het. Komkommersap word ook gebruik in die voorbereiding van skoonheidsmiddels soos seep, gliserien, rome en parfuum. Kool, broccoli, blomkool en spruitkool is gewasse wat die beste in ’n koel klimaat groei. Variëteite is egter ontwikkel wat goed in ’n baie warm klimaat aard. 8. Rissies Temperature van ’n paar grade onder vriespunt beïnvloed die oes selde Raadpleeg die hoofstuk oor kruie en speserye.