43
3. Opleiding van personeel
inleiding
Arbeid en die landbou
Sien ook die hoofstukke oor werkskepping, en regshulp en wetgewing.
Sekere soorte opleiding sal ingevolge bepaalde reëls deur AgriSETA befonds
word.
U sal besonderhede van opleidingsverskaffers wat deur AgriSETA
geakkrediteer is in die hoofstuk oor landbou-onderwys en -opleiding
aantref. Vakleerlingskappe en leerlingskappe bied aan u, die werkgewer, ook
bepaalde belastingkortings – asook ’n werksmag wat met meer vaardighede
toegerus is. Die aantekeninge oor volwassene basiese onderwys en opleiding
(VBOO) is ook in daardie hoofstuk beskikbaar.
1. Oorsig
4. Behuising vir plaaswerkers
Boerdery verg ’n aantal vaardighede. Een hiervan is om die arbeidsmag op
’n professionele wyse en met die nodige sensitiwiteit te bestuur. ’n Boer is
dikwels werkgewer, menslikehulpbronbestuurder, maatskaplike werker en
selfs mentor –rolle wat ontstaan uit die boer se nabye verhouding met en
betrokkenheid by die lewens van plaaswerkers en hul gesinne.
Behuising vir plaaswerkers vorm ’n integrale deel van baie boerderye in
Suid-Afrika. Boere verskaf gewoonlik behuising op die plase as deel van die
werkers se diensvoorwaardes. Die behuising wissel van modderhutte tot
konvensionele baksteenhuise. Die huise is dikwels oorvol en onhigiënies en
dienste (soos elektrisiteit en lopende water) is ontoereikend.
Die publikasie Finance and Farmers verwys na arbeid as een van die sake
wat die “ou landbou” van die “nuwe landbou” onderskei . Die “ou landbou”
beskou arbeid as ’n koste/uitgawe en toerusting as ’n belegging, terwyl die
“nuwe landbou” arbeid as ’n belegging en toerusting as ’n koste/uitgawe
beskou.
Aansoek om finansiële hulp vir die elektrifisering van werkers se
huise
Na aanleiding van die plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap , het die Buro
vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) besluit om die uitvoerbaarheid
van die werkers se eis vir ’n daaglikse loon vanR150 te ondersoek. Die
BFAP het gevind met ’n daaglikse loon van R150 vir baie boerderye
niewinsgewend sal wees nie, maar dit is die tweede bevinding wat meer
interessant is, naamlik, dat werkers selfs met so verhoging steeds nie’n
voedsame mandjie kos sou kon bekostig nie.
Die belangrikste bevindings is dat die boere en die werkers hulle aan
dieselfde kant van die voedsel-ekonomie bevind. Boere kan nie bekostig
om aan hulle werkers ’n goeie salaris te bied nie en die salaris is nie
genoeg vir die plaaswerkers om hulself te onderhou nie. Daar word nie
genoeg vrae oor die voedsel-ekonomie gestel nie, byvoorbeeld, die boer
word R3 vir ’n liter melk betaal, maar dit word vir R9 aan die verbruiker
verkoop. ’n Uitstekende artikel oor hierdie onderwerp “Narrowing the
Farmer-worker gap” is op die webtuiste www.mg.co.za beskikbaar.
Bronne: Mnr. Lourie Bosman, vorige president van AgriSA; Finance and Farmers ISBN
0-620-11949-7.
2. Plaaslike sakeomgewing
Moeilike landboutoestande het boere verplig om deeglik na elke werker se
produktiwiteit te kyk.
• Produksiepryse in die landbousektor het nie tred gehou met die prys
van boerderybenodigdhede nie.
• Suid-Afrika volg die globale tendens van kommersiële landbou, waar
skaalbesparings noodsaaklik is ten einde volhoubaar te wees. Dit is
waarom ons minder boere op groter plase het en hierdie eenhede
meer en meer kapitaalintensief word. Kommersiële boerdery het
meer gekonsentreerd geraak, en weens die toenemende gebruik van
tegnologie is daar minder werksgeleenthede. Boere moes egter hierdie
veranderinge aanbring ten einde in die globale omgewing mededingend
en winsgewend te bly. (Indien boere dit nie doen nie, sal hulle kort
voor lank uit besigheid wees en nie voedsel produseer of enigiemand
in diens neem nie!)
• Wetgewing is ten opsigte van minimumlone en sekerheid van verblyfreg
uitgevaardig om te verhoed dat behoeftige, ongeletterde mense
uitgebuit word. Ongelukkig kon hierdie maatreëls ook die onbedoelde
gevolg gehad het dat boere minder permanente werkers in diens wil
neem en op hul plase wil huisves. Die aantal seisoenswerkers het dus
ten koste van die aantal permanente poste toegeneem.
• Volgens die Sensus van Kommersiële Landbou (2007) is die gemiddelde
aantal plaasarbeiders per boerdery-eenheid 20. Hoewel dit ’n styging is
in vergelyking met 1993, is daar minder boerdery-eenhede. Boerderyeenhede het in grootte toegeneem en meganisasie het terselfdertyd
toegeneem.
Bronne: Aangepas uit AgriReview – 1ste kwartaal 2011, 2de kwartaal 2009, 2de en
3de kwartaal 2008 (beskikbaar by www.standardbank.co.za)
Dit is bedoel vir Eskom-klante wat ’n bestaande kragpunt wil uitbrei, of wat
’n nuwe kragpunt verlang om elektrisiteit na ’n werkershuis te voorsien.
Eskom lewer ’n finansiële bydrae tot die koste van die elektrifisering van
elke werkershuis. Besonderhede kan verkry word van Eskomtakke in die
hoofstuk oor energie of besoek www.eskom.co.za.
Landboudorpe (Agri Villages)
Die ontwikkeling van agridorpe vind plaas as deel van ’n vennootskap
tussen die boer, die plaaswerker en die staat. Daar word daarna verwys
in AgriSA se voorstelle aangaande permanente behuising weg van plase af
en ekonomiese geleenthede vir plaaswerkers. Die ekonomiese, finansiële
en politieke konteks van die landbousektor sal bepaal hoeveel die regering
en die boere in die ontwikkeling van agridorpe kan belê. ’n Agridorp word
beskou as ’n privaat nedersetting van beperkte grootte, gevestig en bestuur
deur ’n regsinstelling, in en/of naby ’n landbougebied, waar bewoning beperk
word tot bona fide-werkers op die plase wat by die ontwikkeling betrokke
is en die werkers se afhanklikes. Volgens hierdie reëlings sluit sekerheid
van verblyf nie eienaarskap in nie, maar kan dit kan trusts, kommunale
eiendomsverenigings of deeltitels insluit.
Behuisingsubsidies
Die standaard van plaaswerkers se behuising kan met behulp van die
institusionele subsidies van die Departement Behuising verbeter word.
Besonderhede aangaande behuisingsubsidies verskyn by die Departement
se webtuiste by www.housing.gov.za – klik op die kieslysopsie “Subsidy
Info”.
Daar is belastingaftrekkings vir plaaswerkerbehuising. Kry meer inligting by u
boekhouer of by meneer Johan Pienaar van Agri SA.
Programme soos die People’s Housing Project (PHP) bied ook finansiële
steun. Soek die artikel “Farm workers get roofs over their heads” by www.
sanews.gov.za, waarin daar berig is oor 118 huise wat aan plaaswerkers
oorgedra is. Die boer Carl Henning van Mununzwu Newco het Limpopo
se Departement Plaaslike Regering en Behuising gehelp om die huise te
bou. Sestig mense is tydens die bou daarvan in diens geneem en dit het die
departement R4 miljoen gekos.
Aftrekking vir behuising van ’n plaaswerker se salaris
Dit kan volgens wet eers gedoen word wanneer die volgende vereistes
nagekom is:
• Die werker moet minstens 18 jaar oud wees.
• Die koste van water, elektrisiteit en ander dienste moet nie ook
afgetrek word nie
• Die bedrag wat afgetrek word moet nie meer wees as die koste vir die
werkgewer nie