442
5. Pistasieneute
7. Kokosneute
Pistasieneutbome is bladwisselende bome wat gemiddeld 3 meter hoog en
5 meter breed is. Pistasieneutbome hou van kort, koue winters en lang,
warm somers. Die pistasieneutboom is nie kieskeurig nie en kan in arm
grond groei. Beter grond verseker egter beter gehalte neute en ’n groter
oes en maak die bome se versorging makliker. Hulle behoort gedurende hul
sesde jaar neute te begin produseer. Bemestingstof speel ’n baie belangrike
rol en is vir die grootste deel van die produksiekoste verantwoordelik.
Stikstof, sink en boor is van die elemente wat hierdie bome benodig.
Die kokosneut word op groot of klein skaal in amper al die tropiese lande
gekweek en word vir baie dinge gebruik aangesien elke deeltjie van die
plant benut word. Hoewel die vrugte geëet word, is die vernaamste gebruik
daarvan die produksie van gedroogde klapper, wat die gedroogde wit kern
is. Dit word óf plaaslik behandel óf uitgevoer vir die ekstraksie van olie
– die oliekoek wat oorbly, word as beesvoer gebruik. Klapperolie word
gebruik vir die maak van kookolie en margarien en die swakker gehalte olie
vir seep, kerse, ensovoorts. Die vesel van die doppe wat as klapperhaar
bekend staan (Engels coir), word gebruik om tou, borsels, sakke, matte en
beddegoed te maak. Die doppe word as brandstof gebruik in gebiede waar
hout skaars is. Groen kokosneute word dikwels as ’n vars en verkoelende
drankie verkoop. Klappermelk is steriele babakos. Hutte kan van die blare
en stamme gebou word.
As die bome eers groot genoeg is, verg die boorde baie min aandag – in
teenstelling met die hoogs intensiewe bestuur van die eerste vyf jaar van
die boom se lewe. ’n Boom behoort 10 kg verkoopbare neute in volle
produksie te lewer, wat binne 10 tot 15 jaar bereik word.
Ongeveer 100 tot 150 ton pistasieneute word jaarliks hoofsaaklik uit Iran
en Turkye na Suid-Afrika ingevoer om onder plaaslike handelsmerke verpak
te word.
Green Valley Nuts (vind kontakbesonderhede verder in die hoofstuk),
voorheen as pistasiekwekers gelys, het na pekanneute as die meer
winsgewende oes oorgeskakel.
Kokosneutpalms kan by die aktiwiteite van kleinskaalse boere ingesluit
word en kan om huise in die subtropiese en kusgebiede van Suid-Afrika
gekweek word. Draende palms by Burgershall Navorsingstasie en in NoordKwaZulu-Natal het bewys dat geselekteerde klone vrugte sal dra in gebiede
waar piesangs groei.
Kry die Coir Institute besonderhede by opskrif 9.
6. Okkerneute
Okkerneutbome is baie groot, langlewende bome wat tot 16m hoog met ’n
spanwydte van 35 meter kan word. Hulle klimaatsvereistes is soortgelyk aan
dié van appels, wat beteken dat hulle koue winters en droë somers verkies.
Okkerneutbome het lang penwortels en benodig dus vrugbare grond om
goed te vaar. Goeie dreinering is ook noodsaaklik. Plant okkerneute in die
winter in goed voorbereide grond. Die okkerneut se wortels skei ’n toksiese
stof af, wat beteken dat die bome nie te naby aan ander plante geplant kan
word nie. Klimaatsvereistes vir okkerneutproduksie sluit in ongeveer 800
mm besproeiingswater of reënval per jaar, genoeg koue eenhede, vrugbare
grond met goeie dreinering en temperature van hoogstens 34°C.
Okkerneute is deels selfbevrugtend, maar vir betroubare bestuiwing en
verbouing is twee variëteite nodig. Die manlike blomme is in lang amentums
of blomkatjies op die vorige jaar se hout gerangskik, terwyl die vroulike
blomme op nuwe spruite ontwikkel. Die blomme word deur die wind
versprei en in sommige seisoene kan dit gebeur dat stuifmeelproduksie nie
gelyktydig met die oopgaan van die vroulike blomme plaasvind nie.
Okkerneute word deur ’n vlesige groen dop omsluit wat oopbars wanneer
die neute volwassenheid bereik. Hoewel meganiese oestoerusting baie
duur is, is dit ’n vereiste vir grootskaalse boerdery. Om op kleinskaal met
die hand te oes, kan egter meer kostedoeltreffend wees. Skud die boom
om die neute los te maak. Was die neute om die tannien te verwyder wat
hulle kan vlek en laat dit dan ’n paar dae lank in die son droog word terwyl
dit gereeld omgedraai word. Die neute is droog wanneer die kerns bros
raak. Okkerneute is nie ’n vars produk wat onmiddellik nadat dit geoes is,
uitgevoer kan word nie. Neute in die dop kan vir ’n jaar of langer in ’n droë
plek bewaar word; kerns moet verkoel word.
Die grootste plaagprobleem is voëls, maar siektes soos vrotpootjie – wat
deur waterdeurdrenkte grond veroorsaak word – en die gevreesde
okkerneut-skroeisiekte – wat swart vlekke op blare, uitspruitsels en jong
neute kan veroorsaak – kom ook voor. Dit kan selfs die kern laat verskrompel
en tot terugsterwing lei. Dit kan voorkom word deur die bome met ’n
koperspuitstof soos Kocide te spuit wanneer hulle rustend is.
Die onbeskikbaarheid van plantmateriaal beperk die sukses van
okkerneutproduksie in Suid-Afrika.
Die IDC hoop dat Rotondo Walnuts, sy besproeiingsonderneming op
die walle van die Garieprivier by Aliwal-Noord, uiteindelik aan ’n nuwe
landboubedryf stukrag sal verleen. Die visie van die projek is om teen 2014
500 ha okkerneutbome in volle produksie te hê. (Dit duur gewoonlik vyf
jaar voordat okkerneutbome begin dra en tot tien jaar langer om volle
produksie te bereik.) Die IDC is van mening dat daar steeds genoeg plek in
die internasionale mark vir Suid-Af ɥ