423
landboudienste en -tegnologie
Waterkweking en verbouing onder
bedekking
1. Oorsig
• Direk vertaal beteken “waterkweking” plante “wat in water werk
(groei). ” Die Engelse woord, hydroponics, is afgelei van twee Griekse
woorde: hydro wat “water” beteken, en panos wat “werk” beteken).
• ’n Moderne definisie van “waterkweking” is: ’n Stelsel waar plante in
’n ander groeimedium of substraat as natuurlike grond gekweek word.
Al die voedingstowwe (6 makro- and 6 mikro-elemente) word in die
besproeiingswater opgelos en word op ’n gereelde grondslag aan
die plante toegedien. Waterkweking is dus plantkweking eerder in ’n
oplossing van voedingstowwe as in grond.
• Waterkweking voorsien die plant van wat dit nodig het, wanneer
dit nodig is. Geen genetiese mutasie vind binne die toerusting plaas
nie en geen misterieuse wonderwerkende chemikalieë word op die
plantwortels toegedien nie.
• By waterkweking word water baie doeltreffender gebruik as by
verbouing in grond. In sommige geslote waterkwekingstelsels word
waarskynlik tot 50% minder water gebruik, terwyl daar in oop stelsels
20 tot 30% water bespaar kan word.
• Waterkweking kan uiters gesofistikeerd wees, en vereis goeie bestuur.
• Waterkweking lewer beter en vinniger plantgroei die; daar is ’n groter
opbrengs; en kan hulle ook baie digter teen mekaar groei (mits daar
genoeg lig is) as wat by konvensionele verbouingsmetodes die geval is.
Dis omdat die plante nie so ’n groot wortelstelsel ontwikkel soos wat
die geval is onder normale omstandighede nie, want hulle het nie nodig
om voeding te gaan “soek” nie – die voedsel “kom” na hulle toe.
• In Suid-Afrika vind groenteproduksie deur waterkweking byna
deurgaans onder bedekte toestande plaas (bv in tonnels en onder
skadunet).
• Alhoewel “onder bedekking” gewoonlik na kweekhuis- en
tonnelproduksie verwys, word skadunet – wat buitenshuis gebruik
word – ook by hierdie kategorie ingesluit.
Die verskil tussen groenteproduksie deur middel van waterkweking en groenteproduksie in grond
Waterkweking
Produksie in grond
Geen grond word benodig nie.
Goeie bogrond word benodig.
Goeie grond = goeie dreinering,
tekstuur, organiese materiaal (bv.
kompos), sonder siektes.
Voedingselemente is te alle tye
beskikbaar.
Slegs
oplosbare
misstowwe
word
gebruik.
Misstofformules vir waterkweking
bevat
’n
gebalanseerde
voedingsamestelling.
Voedingselemente moet in die
grond bygevoeg word. Tensy ’n
laboratoriumanalise gedoen word,
kan te veel of te min voedingstowwe
toegedien word.
Kweekhuise se groot voordeel is Groente kan
dat ’n mens groente buite seisoen verbou word.
kan verbou wanneer pryse goed is.
slegs
seisoenaal
Grondsiektes kan beheer word.
Grondsiektes kan in die grond
opbou.
Waterkweking is nie organies van
aard nie, aangesien daar deurgaans
van kunsmatige voedingstowwe
gebruik gemaak word en die
plante nooit in grond (waar
daar voedingstowwe voorkom)
gekweek word nie.
Organiese groente kan wel in
grond geproduseer word, want
daar kan van organiese misstowwe
soos kompos of kraal mis gebruik
gemaak word.