415
landboudienste en -tegnologie
Presisieboerdery
Sien ook die hoofstuk oor kartering
1. Oorsig
Presisieboerdery bevorder goeie rentmeesterskap van die grond vir toekomstige
geslagte en bewaar die potensiaal daarvan vir veelvuldige gebruike.
Ten tye wanneer die boer dalende winsmarge en veranderde klimaat in die
gesig staar, is presisieboerdery die slim manier om te boer.
Presisieboerdery benut ses ultramoderne tegnologieë:
• Globale Posisioneringstelsels (GPS), wat ’n navigasiestelsel bied om elke
trekker of dorsmasjien se ligging enige plek op ’n land te bepaal binne
minder as twee meter op ’n lengte-breedte-oorlegrooster.
• Geografiese Inligtingstelsels (GIS) – GIS-rekenaars lê ruimtelike data wat
verband hou met oesproduktiwiteit en grondinsette vas en bestuur en
analiseer dit.
• Veranderliketempo-tegnologie (“Variable Rate Technology” of VRT), wat
die beheer van velduitsette vanuit die vliegtuig of helikopter moontlik
maak.
• Optiese satellietbeeld – verskaf waretydsmonitering van
gewasontwikkeling en afwykings weens verandering in grondpotensiaal,
fisiese of klimaatsveranderlikes, plae en siektes of voedingstekorte.
• Satellietbeeld en lugbeelde
• Naby-infrarooi (NIR) orto-gerektifiseerde beelde. Hierdie tegnologie is
besig om al hoe belangriker te raak – aanvanklik in die geval van houten wynboere, maar tans brei dit na alle boere uit.
Inligting wat deur hierdie tegnologieë bekom word, stel boere in staat om:
• Insette soos misstowwe en saad teen veranderlike tempo’s aan te
wend presies waar dit nodig is
• meer doeltreffende gebruik van hierdie insette te maak
2. Belanghebbendes
Opleiding en navorsing
Die LNR-Instituut vir Grond,
Klimaat en Water (LNR-IGKW)
het ’n afdeling wat fokus op navorsing
oor en die implementering van
presisieboerdery. Gespesialiseerde
toerusting,
tesame
met
’n
uitgebreide
databasis
van
satellietbeelde, word gebruik om
produkte te ontwikkel om boere te
help om meer winsgewend te boer
deur middel van presisieboerdery.
Bel 012 310 2500 of besoek www.
arc.agric.za.
Universiteit van die Vrystaat
Departement van Landbouekonomie
Tel: 051 401 2824 / 3864
www.ufs.ac.za/agri-econ
www.ufs.ac.za/agriman
Agricultural Management, ’n afdeling
van die Departement van Landbouekonomie doen navorsing in
presisieboerdery. Kry
vele en
dokumente en publikasies oor die
onderwerp op die webtuiste.
Universiteit van Pretoria
Departement van Plantproduksie
en Grondwetenskap
Tel: 012 420 3809 / 3223
www.up.ac.za
Kry besonderhede van die ander
universiteite en voorsieners van
’n kort kursusse in die “Agricultural
education and training”hoofstuk