395
4. GMO – ’n Behoefte aan vinnige toetse
Verwys na die advertensie regs.
Die noodsaaklikheid om te toets vir die teenwoordigheid van GMO in graan
word bepaal deur verskillende lande se regerings. Die instelling van die
Cartagena Protokol maak die onvermydelik om nie te toets vir GMO in
graan nie. Die instelling van die wet aangaande die etikettering van produkte
wat GMO bevat, neem wêreldwyd toe. Die verbruiker het ’n reg om te
weet wat op sy bord is.
Die twee mees algemene analises wat gebruik word om die teenwoordigheid
en hoeveelheid GMO in graan te bepaal is soos volg:
1. Polimerasie Ketting Reaksie (PKR): Hierdie is ’n molekulêre DNS toets
wat sekere DNS kodes herken in gemaalde mielies. Die metode word
in ’n laboratorium gedoen en vat ’n paar ure om te voltooi. Die koste
per analiese is hoog.
2. Immunologiese metode: Die metode maak gebruik spesifieke teenliggame
wat spesifieke proteine herken en daar aan bind. Die spesifieke protein
word uitgedruk deur die geen wat betrokke is by die GMO tegnologie.
Dit is in die vorm van ’n vinnige lateriale vloei toets en kan basies enige
plek gebruik word. Minimale opleiding is nodig vir die tegniek en die
koste per analiese is ook minder.
Navorsing het bewys dat die laterale vloei toets perfek werk vir die
skandering van graan vir die teenwoordigheid van GMO basies tydens enige
stadium, vanaf die plaas tot by die meule. Relatief akkurate resultate kan
dus maklik bekom word.
PKR word as die goue standaard beskou om GMO vrye graan te sertifiseer
vir uitvoer. Hierdie metode is nie noodwendig die mees ekonomiese metode
om te gebruik tydens elke stap in die graan industrie nie a.g.v. van die koste
en tyd verbonde aan so ’n tipe analiese.
Graan moet getoets word tydens die invoer en uitvoer proses by hawens
en grense om te voorkom dat GMO positiewe graan nie gebiede binne
gaan waar dit verbied word nie. Toetse moet gedoen word nadat graan
die proseseerders bereik het sodat enige kontaminasie wat kon plaasvind
tydens die laai en vervoer van die graan op getel kan word.
In meeste gevalle word die bogenoemde toetse afgeskeep omdat PKR ’n
ingewikkelde en tydrowende tegniek is.
Meeste van die industrie, boere en verbruikers in kluis, het die behoefte
aan vinnige GMO toetse waar resultate onmiddelik beskikbaar is. Die tipe
toetse laat graan vinniger deur die verskaffings ketting beweeg.
Die grootste behoefte in enige industrie, is die behoefte aan tyd, en tyd, is
presies wat hierdie vinnnige lateriale vloei toetse bied. Hierdie tipe toetse is
’n groeiende tendens wat vinnige besluite aangaande storing en vervoer van
produkte moontlik maak.
Bron: Stargate Scientific. Besoek www.stargatescientific.co.za of skakel hulle by 011
675 7433.
5. Nasionale strategie en regeringskontakte
Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye
Direktoraat Genetiese Hulpbronne
Tel: 012 319 6024
Die
Direktoraat
Genetiese
Hulpbronne by die Departement
van
Landbou,
Bosbou
en
Visserye administreer die Wet
op Planttelersregte 15 van
1976, soos gewysig in 1996.
Die doelwit van hierdie Wet is
om ’n stelsel te bied waardeur
intellektuele-eiendomsregte
(planttelersregte) met betrekking
tot ’n verskeidenheid plantsoorte
toegestaan en geregistreer kan
word.
Registrateur vir die Wet op
Planttelersregte
Tel: 012 319 6183
[email protected]
Registrateur vir die Wet op Geneties
Gemodifiseerde Organismes, 1997
Tel: 012 319 6382
[email protected]