Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 361

359 die webwerf van die Departement van Omgewingsake by www. environment.gov.za. • Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) www. dhet.gov.za • Die Departement van Arbeid is in beheer van die Werkloosheidversekeringsfonds (UIF), wat geld uitbetaal aan werkers wat uit diens gestel is. Dié fonds gebruik ook geld om te belê in werkskeppingsinisiatiewe, om die opleidingskema vir tydelike ontslag en ander projekte waarby werklose persone kan baat, te ondersteun. Vir inligting oor die Departement van Arbeid en sy aktiwiteite, besoek www.labour.gov.za. • Hefboomfinansiering kan gegee word vir die staatsondernemingopleidingsvermoëns, om die lewering van ambagsmanne en gespesialiseerde vaardighede te verhoog. Hul besonderhede is op die webwerf van die Departement van Openbare Ondernemings beskikbaar, www.dpe.gov.za. • Departement van Openbare Werke www.publicworks.gov.za • Departement van Maatskaplike Ontwikkeling www.dsd.gov.za • Die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) is die hoofrolspeler in die land se ekonomie – www.thedti.gov.za. U sal verder in die hoofstuk lees oor die nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP). • Die Nuwe Groeibaan (NGP) is ontwikkel deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling (EDD). Lees verder in hierdie hoofstuk hieroor, of vind inligting op die webwerf, www.economic.gov.za. • Nasionale Beplanningskommissie www.npconline.co.za • Die Nasionale Tesourie het ’n R9 miljard- Jobs Fund, wat daarop gemik is om 150 000 poste te skep oor ’n tydperk van drie jaar. Aansoeke van maatskappye en niestaatsorganisasies met innoverende werkskeppingsprojekte word verwelkom. Kyk na www.treasury.gov.za. • Die Presidensiële Infrastruktuurkoördineringskommissie (PICC), onder voorsitterskap van die President, bestaan uit die Departement van Prestasiemonitering en -Evaluering, die Departement van Finansies, die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (SALGA) en die nege provinsiale premiers. Die PICC sal die langtermyn-infrastruktuur wat opgerig word, integreer en koördineer. • Statistiek Suid-Afrika behartig die Quarterly Labour Force Survey, ’n huishouding-gebaseerde steekproefopname. Data word ingesamel oor die arbeidsmark-aktiwiteite van individue van 15 jaar en ouer wat in Suid-Afrika woon. Besoek www.statssa.gov.za. Die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) het in sy diagnostiese verslag nege uitdagings geïdentifiseer wat Suid-Afrika teen 2030 te bowe moet kom. Twee van hierdie uitdagings is “krities en onderling verwant” en “moet die hoogste prioriteit geniet”: daar is te min mense wat werk en die gehalte van opvoeding aan die meerderheid is swak. Die kern van die NPC is om armoede en ongelykheid te bekamp. “Versuim om hierdie uitdagings aan te pak, sal waarskynlik ekonomiese daling, afname in lewenstandaarde, toenemende mededinging om hulpbronne, en sosiale spanning meebring ... Suid-Afrika moet so ’n verwoestende siklus vermy”. “… die land se ontwikkelingspaadjie het nie geleenthede vir swart SuidAfrikaners – in die besonder vroue en jongmense – aansienlik verbreed nie. Wat dit beteken is dat – met die uitsluiting van politieke regte en ekonomiese voordele vir diegene met toegang tot indiensnemings- of bemagtigingsprogramme – die sosiaal-ekonomiese toestande wat die stelsel van apartheid en kolonialisme gekenmerk het, steeds grootliks ons sosiale realiteit definieer”. Suid-Afrika het die potensiaal en kapasiteit om armoede uit te skakel en ongelykheid te verminder gedurende die volgende twee dekades. • Die Diagnostiese Verslag en die Nasionale Ontwikkelingsplan is beskikbaar by www.npconline.co.za. • Die geanimeerde video’s “9 Challenges facing South Africa – Diagnostic Report – National Planning Commission (NPC)” is beskikbaar by www.youtube.com Die regering het die Nuwe Groeibaan (NGP) aangeneem as die raamwerk vir Suid-Afrika se ekonomiese beleide. Die NGP plaas indiensname in die kern van die regering se pogings en doelwitte om die produktiewe sektore van die ekonomie te herbou en weg te beweeg van ’n verbruiksgedrewe, onvolhoubare groeibaan. Die mikpunt is om vyf miljoen werksgeleenthede te skep teen 2020 en werkloosheid te laat afneem tot 15%. Met die NGP word daar gepoog om op ’n “massaskaal” geleenthede vir mense te skep in infrastruktuurontwikkeling, landbou, mynbou en veredeling, vervaardiging, die “groen” ekonomie en toerisme. Die Nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP), wat onder die Nuwe Groeibaan val, het sektore soos klerasie en vervaardiging gestabilisee