Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 353

351 2. Internasionale sakeomgewing Die Grundfos webwerf [kyk http://za.grundfos.com] haal navorsing op webwerwe soos die Verenigde State se Omgewingsbeskermingsagentskap en die Verenigde Nasies Bevolkingsfonds aan om ’n paar interessante feite aan ons te bring: • Elke spoel van ’n toilet gebruik dieselfde hoeveelheid water wat een persoon in die Derdewêreld heel dag gebruik vir was, skoonmaak, kook en om te drink. • Twaalf miljoen mense sterf jaarliks omdat hulle geen toegang tot veilige drinkwater het nie, insluitend meer as 3 miljoen mense wat sterf van siektes wat met water oorgedra word. • Die gemiddelde afstand wat ’n vrou in Afrika en Asië loop om water te gaan haal is 6km. • Die gewig van water wat vroue in Asië en Afrika op hulle koppe dra is gelyk aan die maksimum gewig wat deur lugdienste toegelaat word – 20kg oftewel 44pond. • Vroue is die primêre versorgers van daardie mense wat siek word as gevolg van water-verwante siektes, wat hulle tyd verminder vir opvoeding en produktiewe ekonomiese aktiwiteite. • Een uit elke drie vroue in Egipte loop meer as ’n uur per dag vir water; in ander dele van Afrika kan die taak soveel as agt ure neem. Volgens die Verenigde Nasies is daar meer as 250 internasionaal-gedeelde riviere wat bykans die helfte van die wêreld se landoppervlakte beslaan sowel as onnoembare gedeelde akwifers. Omtrent 300 potensiële konflikte is reeds rondom die wêreld geïdentifiseer maar geskiedenis het bewys dat weinig, indien enige van hierdie potensiële konflikte moontlik sal lei tot gewapende konflik. Gedurende die afgelope eeu is slegs sewe geringe konflikte oor water gedokumenteer. Daar word egter verwag dat in die toekoms bykans al die wêreld se groot riviere onder meer druk sal kom om water vir landbou en industrieë sowel as drinkwater vir die bykans 3 miljard meer mense wat na te wagte gebore gaan word te voorsien voor daar verwag word dat die wêreld se bevolking gaan begin afneem. Volgens die VN sal daar teen 2025, bykans een in elke drie mense in lande leef wat geaffekteer word deur watertekorte. Watertekorte affekteer reeds 450 miljoen mense in 29 lande en, volgens die Wêreld waterforum, is spanning oor waterregte en toekennings aan die toeneem. Laas jaar het die Pentagon voorspel dat waterdispute op die wêreld se agenda in globale politiek meer aandag sal geniet in die komende jare. Bron: ’n uittreksel uit “Water: a new source of confict” op www.mg.co.za. . Party belanghebbendes en webtuistes • www.globalwaterresearchcoalition.net is die webtuiste van die Globale Waternavorsingskoalisie (GWRC) • IHP-HELP Centre for Water Law, Policy and Science – www. dundee.ac.uk/water • International Centre for Integrated Water Resources Management (ICIWaRM) – www.iciwarm.org/en/ • Die Internasionale Waterbestuursinstituut (IWBI) produseer openbare goedere – instrumente en kennis – om ontwikkelende lande te help om ‘more crop per drop’ te verkry van water wat gebruik word vir voedselproduksie. Besoek www.iwmi.org. • International WaterCentre – www.watercentre.org • Regional Centre for Training and Water Studies of Arid and Semi-arid Zones (RCTWS) – www.rctws.com • Regional Centre on Urban Water Management (RCUWM) – www.rcuwm.org.ir • Vind die “Water”-opsie by www.unesco.org, die Verenigde Nasies Opvoedkundige, Wetenskaplike en K [\