Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 35

33 Provinsiale Departement van Landbou Departement van Landelike Ontwikkeling en Agrariese Hervorming Tel: 040 609 3474 Faks: 040 636 3555 Webwerf: www.agr.ecprov.gov.za Privaatsak X0040, Bisho, 5605 Departementshoof: Mnr. Glen Thomas Tel: 040 609 3471 Faks: 040 635 0604 Kies die “Critical Contacts”-kieslysopsie. ’n Uitgebreide lys met ondersteuningspersoneel, topbestuur, senior hulpbronbestuursperso neel, senior distrikhulpbronbestuurspersoneel, en kommunikasie- en klantedienste is beskikbaar. Vir meer inligting oor die provinsie: • www.ecprov.gov.za – Provinsiale regering van die Oos-Kaap • http://gis.ecprov.gov.za – ’n webtuiste van die Provinsie se eenheid vir die bestuur van provinsiale ruimtelike intelligensie. Kaarte en geografiese inligting kan hier gevind word. • www.ecdc.co.za – webtuiste van die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie • www.ecsecc.org – Eastern Cape Socio Economic Consultative Council • www.agriec.co.za – Agri Oos-Kaap 3. Vrystaat ’n Kwart van die land se bewerkbare grond is in die Vrystaat geleë. Die Vrystaat is ’n hoofprodusent van somer- en wintergewasse. Die vernaamste graan- oliesaadgewasse word vervolgens genoem, gevolg deur die persentasie wat die Vrystaat bydra tot nasionale produksie: mielies (39%), graansorghum (53%), grondbone (32%), sonneblomsaad (50%), droë bone (25%) en sojabone (23%). Sowat 29% van die land se koring is ook van hierdie provinsie afkomstig. Die bergagtige oostelike deel huisves die land se kersie- en aspersiesektore. Sowat 40% van die land se aartappels word ook hier verbou. Die suidelike deel word gekenmerk deur Karoo-/halfwoestynplantegroei. Daar word geboer met skape (20%), beeste (17%) en ander lewende hawe. Die Vrystaat is ook ’n groot eierprodusent (17%). Provinsiale Departement van Landbou Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling Webwerf: www.fs.agric.za Fisiese adres: Glen, 9361 Posadres: Privaatsak X01, Glen, 9360 Departementshoof: mnr. Peter Thabethe Tel: 051 861 8509 • Distrikimplementering Tel: 051 861 8423 • Landbou-ondersteuningsdienste Tel: 051 861 8442/77 Distriksdirekteure Xhariep-Distrik – 051 713 0480 Fezile Dabe – 016 976 2009 Motheo – 051 875 1161 Lejweleputsa – 057 398 1664 Thabo Mofutsanyane – 058 714 1430/0 Vir meer inligting oor die provinsie: • www.freestateonline.fs.gov.za, webwerf van die Vrystaatste Provinsiale Regering • www.detea.fs.gov.za – Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Landbousake • www.fdc.co.za – Vrystaatste Ontwikkelingskorporasie • www.vslandbou.co.za – Vrystaat Landbou 4. Gauteng Die provinsie se landbousektor fokus grotendeels daarop om die dorpe en stede daagliks van varsprodukte, insluitende groente, vrugte, vleis, eiers, suiwelprodukte en blomme, te voorsien. Gauteng lewer ’n kwart van die land se eierproduksie. Sowat 3% van die land se bewerkbare grond is in Gauteng. Droë bone (5%) en mielies (5%) is die vernaamste gewasse wat hier verbou word. Graansorghum, sojabone en koring word in kleiner hoeveelhede geproduseer. Provinsiale Departement van Landbou Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDARD) Tel: 011 355 1900 Faks: 011 355 1000 Posadres: Posbus 8769, Johannesburg, 2000 Epos: [email protected] Webwerf: www.gdard.gpg.gov.za Departementshoof: Me. Smangele Sekgobela Tel: 011 355 1920 / 73 Faks: 011 333 0667 • Landboutak – 011 355 1968 / 71 • Landbou-ekonomie en bemarking – 011 355 1906 • Dieregesondheid-advies en -ondersteuningsdienste – 011 355 1388 • Dieregesondheid, produksie, advies en -ondersteuningsdienste – 011 355 1388 • Epidemiologie, laboratorium- en gehaltebeheer – 011 355 1878 • Ondersteuningsdienste vir boere – 011 355 1447 - Boerevestiging – 011 355 1449 - Huishoudelike voedselsekerheid – 011 355 1453 - Geïntegreerde voedselsekerheid – 011 355 1720 / 1265 • Bestuur van natuurlike hulpbronne – 011 355 1317 • Natuurbewaring – 011 355 1895 • Landelike ontwikkeling – 011 355 1249 • Sosiale ontwikkeling – 011 355 1937 • Volhoubare hulpbronbestuur – 011 355 1367 • Tegnologiese ontwikkeling en ondersteuning – 011 355 1374 • Transformasie – 011 355 1366 • Veeartsenykundige openbare gesondheidsdienste en uitvoerfasilitering – 011 355 1987 • Daar is ook direktorate van luggehalte, afvalbestuur, omgewingsbeplanning en impakassessering, korporatiewe kommunikasie, ensovoorts. Streekskantore • Pretoria – 012 328 5140 • Randfontein – 011 411 4300 • Germiston - 011 821 7700 Vir meer inligting oor die provinsie: • Gauteng Provinsiale Regering – www.gautengonline.gov.za • Gauteng Ekonomiese ontwikkelingsagentskap – www.geda.co.za