Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 342

340 Bron: Marcos Fava Neves, professor in strategiese beplanning en voedselkettings by FEARP School of Economics and Business, University of Sao Paulo, Brazil , Ander perspektiewe: “Dit is die nuwe gesig van honger. Daar is voedsel op die rakke maar mense kan dit nie bekostig nie” (Josette Sheeran, hoof van die VN se Wêreldvoedselprogram – WFP). “Met die oog op die lang termyn behoort die internasionale gemeenskap, veral die leiers van die internasionale gemeenskap, dringend byeen te kom om te kyk hoe ons eerstens hierdie ekonomiese stelsels en verspreidingstelsels kan verbeter, en tweedens hoe ons die produksie van landbouprodukte kan verhoog” (Sekretaris-Generaal van die VN, Ban Ki-moon – eie vertaling). Bekostigbare voedsel sal op die lang termyn afhang van lewensvatbare plaaslike landbousektore wat billike pryse vir hulle produkte kry en in staat is om redelike pryse vir plaasbenodigdhede te betaal. Die langtermynoorlewing van plaaslike landbou word bedreig deur subsidies wat aan produsente in ontwikkelde lande betaal word. Die onlangse herbekendstelling van uitvoersubsidies in die E \