Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 330

328 Ander programme behels: • Geïntegreerde volhoubare landelike ontwikkelingstrategie (ISRDS) • Geïntegreerde voedselsekuriteit-voedingsprogram (IFSNP) • Bemarking en entrepreneurskapsontwikkeling • Masibuyele Emasimini • Nasionale Grondversorgingsprogram (LandCare) • Kleinhoewe Ontwikkelingsondersteuningprogram Vind meer uit by www.daff.gov.za (kies die “Programmes”-opsie). Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) www.ruraldevelopment.gov.za • Die Herkapitalisering- en Ontwikkelingsprogram is ontwerp om boere te help om kommersiële boere te word. • Kry meer inligting oor die departement op die webtuiste of in die hoofstuk oor “Grondhervorming”. 5. Belanghebbendes VOORLIGTINGSBEAMPTES in die provinsies – sien vorige opskrif. Die PROVINSIALE DEPARTEMENTE VAN LANDBOU werk saam met die LANDBOUKOLLEGES om opleiding aan opkomende en kleinboere te voorsien. Hier word kort kursusse (VOO – voortgesette onderwys en opleiding) oor saaiboerdery, bokke en suiwelproduksie, kaartlesing, benadering tot boerderymetodes, entrepreneursopleiding en besproeiing asook oor gesondheid en voedselveiligheid aangebied. Kry die volledige lys in die hoofstuk oor “Landbou-onderwys en opleiding” KOMMODITIETSVERENIGINGS is betrokke by programme wat kapasiteit bou. Kry hierdie verenigings in die relevante hoofstukke. Kry byvoorbeeld Katoen SA se besonderhede in die katoenhoofstuk, die Nasionale Wolkwekersvereniging va