Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 322

320 nasionale kwessies Ondersteuning aan opkomende boere 1. Oorsig • Daar was in die 90’s groot politieke omwenteling in die land. Die leser sal bewus wees van die veranderings wat plaasgevind het: die hele wêreld ken die naam Nelson Mandela, en die plaaslike straatname het verander. • Die ekonomiese wêreld het ook vir die boer verander. Deregulering het beteken dat daar nie subsidies was nie, of ’n bemarkingsraad om die mielie-oes aan te verkoop nie. Verskeie van die strukture wat voor die 90’s bestaan en die wit kommersiële boer ondersteun het, het weggeval saam met duisende wit kommersiële boere. • Die leser sal besef dat twee bewegings wat mekaar teengewerk het in hierdie dekade begin het. (Het u al ooit probeer om in ’n gebou in te gaan terwyl mense besig is om dit te verlaat?) Aan die een kant, het duisende kommersiële boere die mark verlaat omdat dit moeilik gegaan het en hulle gevoel het dat dit makliker sou wees om elders ’n lewe te maak. Aan die ander kant, wou die regering duisende nuwe boere vestig. • Kleinskaalse boerdery is nuttig en moet ondersteun word. Intreevlakke is laer, masjinerie en tegnologie is nie so gesofistikeerd nie, dit skep voedselsekuriteit vir die families wat boer en dit laat ’n mate van ekonomiese aktiwiteit toe. Die groot uitdaging vir die landbou is om die opkomende swart boere op so ’n manier te ondersteun dat hulle aktiewe lede van die kommersiële landbousektor kan word. Dit is moontlik om ’n boer in die na-dereguleringsake-omgewing te wees. Die bykans 37 000 kommersiële boere wat aangepas het en nou van die beste in die wêreld is, is bewys hiervan. • Ons kommersiële boere (en plaaswerkers) is ook besig om ouer te word. Ondersteuning van ons opkomende boere is ’n saak van nasionale belang. Hulle mentors moet erkenning en aanmoediging kry. Wanneer ons opkomende boere suksesvol is (daar word uitstekende werk in die land gedoen!), moet ons hulle daarvoor prys. Dit is noodsaaklik dat ons opkomende boere moet slaag, nie net ter wille van die transformasieteikens nie, maar ook omdat dit is waar ons kos vandaan kom, en dit stabiliteit en werk in die landelike gebiede skep. 2. Die belang van markte Markte word steeds gesien as die middel wat verseker dat kleinhoeweproduseerders van landbouprodukte effektief in die hoofstroom van nasionale ekonomieë geïntegreer word, veral in ontwikkelende lande. Markte verskaf byvoorbeeld die geleentheid vir boerderyproduksie om armoede te verminder deur die kontantinkomste wat uit verkope van boerderyprodukte opgelewer word. Bemarking dryf om die beurt produksie aangesien boere probeer om die vraag van verbruikers en eindgebruikers wat kwantiteit en kwaliteit aanbetref, te bevredig. Hulle bestaan, of hoe effektief hulle funksioneer, kan egter nie in baie ontwikkelende lande verseker word nie. In Suid-Afrika is daar ’n dringendheid om die werklike aangeleentheid op te los. Ten spyte van beduidende beleggings in die herstrukturering van die sektor sedert 1994 en die direkte onderneming van landbou- en grondhervorming is armoede steeds algemeen. Dit is duidelik dat ’n groot rede hiervoor is dat boere nie hulle produkte teen ’n wins verkoop kry nie. Die ontsluiting van markte vir hierdie groep boere word dus as ’n kritieke ontwikkelingsnoodsaaklikheid beskou. Bron: Ajuruchukwu Obi, Herman D. van Schalkwyk en Aad van Tilburg se openingshoofstuk in Unlocking markets to smallholders: lessons from South Africa Wageningen Academic Publishers 2012. Kry verskeie verslae by www.namc.co.za, webtuiste van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), wat met die koppeling van boere aan markte te make het. Na ’n besoek aan die land het die Verenigde Nasies se Spesiale Rapporteur in die eerste kwartaal van 2012 ’n verslag oor Suid-Afrika uitgereik. Die Rapporteur het ’n paar voorstelle vir die ondersteuning van kleinskaalse boere gemaak (swak toegang tot markte, gebrek aan bemarkingsvaardighede en ’n swakker bedingingsposisie in die voedselkettings), en die beskouing dat die plaaslike mark meer toeganklik as die groter uitvoermarkte vir hulle is: 1) Gebruik die Kompetisie Kommissie om kleinvoedselprodusente teen die misbruik van kopermag te beskerm. Dit kan insluit om dominante maatskappye te verplig om goedere by plaaslike en kleinskaalse produsente te verkry soos tydens die 2011 oorname van Massmart by Wal-Mart bespreek is. Verskaf aansporings, ook finansieel, om opkomende boere te 2) mentor. 3) Gebruik wetgewing soos die Wet op die Raamwerk vir Voorkeur verkrygingsbeleid 5 van 2000 om kleinskaalse boere te begunstig wanneer dit by inisiatiewe soos skoolvoedingskemas en voedselverligtingsprogramme kom. 4) Stimuleer die skepping van voedselkettings wat kleinskaalse boere bevoordeel. ’n Ondersteuningsprogram vir mikrofabrieke skep, byvoorbeeld, ’n mark vir mielieverbouers en ekonomiese aktiwiteit rondom hulle én verlaag die koste van mieliemeel. Kry die volledige verslag by www.ohchr.org en www.agbiz.co.za. 3. Sake van belang vir kommersiële boere Gemeganiseerde, kommersiële landbou is ’n bonus vir enige land omdat dit voedselsekuriteit skep terwyl dit die nielandbouspelers toelaat om ander werk te beoefen. Die voedsel kan wel ingevoer word, maar dit sou baie duur wees en daardie land sou blootgestel