306
derdes van ons graan per pad vervoer. Spoorvervoer sal lei tot verlaagde
voedselpryse, maar hierdie fasiliteite is nie betroubaar nie.
Voedsel kan in die landelike gebiede geproduseer word. Wanneer dit
vervoer word na stedelike gebiede vir prosessering, en terugvervoer word
na verbruikers in die landelike gebiede sou dit al redelik duurder wees. Teen
die tyd dat hierdie hoofstuk gefinaliseer is (Junie 2012), het die maandelikse
Food Price Monitor (te kry by www.namc.co.za) in April 2012 bevind dat
landelike gebiede R14,89 meer as stedelike verbruikers vir dieselfde
kosmandjie betaal.
3. Paaie
• Suid-Afrika se totale padnetwerk is ongeveer 754 000km, waarvan
meer as 70 000 km geteer of geskraap is.
• Die meeste van die land se padstelsel is gedurende die 1970’s gebou,
en hierdie paaie is ouer as die oorspronklike twintig jaar ontwerplewe.
’n Instandhoudingsagterstand beloop ongeveer R100 biljoen.
• Ongeveer 3 000 km van die nasionale paaie is tolpaaie. Ongeveer 1 800
km van hierdie paaie word deur SANRAL in stand gehou, terwyl die res
met konsessies aan private maatskappye oorgedra om te ontwikkel, te
bedryf en in stand te hou.
• ’n Multi-biljoen Rand snelwegverbeteringskema het kongestie op die
paaie in Gauteng, die land se besigste provinsie, aansienlik verlig.
• Die grootste meerderheid van ons landvragtonnemaat word per pad
vervoer, selfs al is dit ten minste 25% duurder as per spoor.
Bronne: Farmer’s Weekly 17 Desember 2010, South Africa: Investors Handbook
2011/2012, www.wikipedia.org
4. Spoorweë
Transnet Freight Rail (TFR) is ’n groep in staatsbesit en dra tans ongeveer
drie miljoen ton landbouprodukte per spoor. In 1994 het dit nege miljoen
ton gedra. Die afname word toegeskryf aan:
• ’n afname inhoeveelhede rollende materiaal
• die ouderdom en toestand van die rollende materiaal (onklaarraking sal
tot laat aflewerings lei)
• ’n afname in diensvlakke as gevolg van kabeldiefstal, infrastruktuuronklaarraking, historiese onderbelegging in instandhouding
• toenemende padmededinging as gevolg van dinamika en strukturele
veranderinge in die graanbedryf
Uitdagings op logistieke gebied is:
• Die vernaamste graanproduserende gebiede en bergingsplekke (silo’s)
is geleë in die omgewing van TFR se laedigtheidspoornetwerke of
vertakkingslyne.
• Hierdie sekondêre spoornetwerk is spesifiek gebou om hierdie
industrie te dien deur ’n stabiele en laekoste-spoornetwerkdiens te
verskaf op ’n tydstip toe die graanbedryf gereguleer was.
• Spoorwegdiens was toe gereeld en voorspelbaar omdat die graanaanvraag
en -voorsiening gekoördineer was deur die eertydse Mielieraad – die
ekwivalent van ’n hedendaagse soort logistiekintegreerder.
• TFR, het by verstek hierdie rol in die huidige gedereguleerde
era oorgeneem, maar in ’n omgewing van swak, bewaakte en
ongekoördineerde inligtingvloei en baie belanghebbers.
Transnet het ’n nuwe sake-eenheid op die been gebring om op die
landbousektor te fokus en is daarop gerig om homself so te posisioneer om
130 miljoen ton van die toekomstige landbou-aanvraag teen 2041 te vervoer.
Die verskuiwing van pad na spoor behoort koolstofuitlaatgasse en die koste
om sake te doen te verminder en die stygende kospryse te beperk.
Bron: Die aanbieding Transnet and Agri-logistics in Mei 2012 deur Transnet se HUB
Brian Molefe by die Agribusiness Indaba
Die Afrika-Unie het die gebruik van die standaard spoorwydte (1,435
mm) op die kontinent voorgestaan, ten einde handelsverbindings tussen
lande uit te bou. Al Suid-Afrika se bure gebruik die standaard spoorwydte.
Suid-Afrika se netwerk bestaan grootliks uit die nou Kaapse spoorwydte
van 1,067mm.
5. Hawens
Landbouprodukte vorm ’n beduidende komponent van die vrag wat in die
Suid-Afrikaanse hawens hanteer word.
Die land het diepwaterhawens (Richardsbaai, Saldanha-hawe en Ngqura),
middelpunthawens (Durban en Kaapstad), en veeldoelige hawens (Port
Elizabeth, Mosselbaai en Oos-Londen). Daar is ook ’n seehawe by Port
Nolloth.
• Durban is Afrika se besigste hawe met die grootste skeepvaarthouer
fasiliteit in Suider-Afrika en is gerieflik geleë by die geïndustrialiseerde
Durban/Pinetown- en Gautenggebiede.
• Richardsbaai, die wêreld se grootste grootmaatsteenkoolterminaal
, is die land se leidende hawe wanneer dit kom by vragvolumes en
groottes.
• Saldanha is die diepste en grootste natuurlike hawe in Suider-Afrika.
• Die nuwe hawe Ngqura, net buite Port Elizabeth, vorm deel van die
Coega Industriële Ontwikkelingsone in die Oos-Kaap.
’n Reeks landbouprodukte word hanteer by droë grootmaat- en vloeistofgrootmaatterminale in die hawens van Kaapstad, Port Elizabeth, OosLonden, Durban en Richardsbaai. Dit sluit hout, graan, dierevoedsel,
eetbare olies en bemestingstowwe in.
Varsprodukteterminale is in Kaapstad, Port Elizabeth en Durban. Hulle
bied verkoelingsoplossings vir die hantering van vrugte op laaiborde
in massavragverdelingsterminale. Die laaibordbedryf word toenemend
vervang met verkoelingshouers. As sodanig is uitbreidingsplanne van die
varsprodukteterminale beperk en vrugte word in toenemende mate
gehanteer deur die vraghouerterminale.
Die Transnet Nasionale Hawegesag in staatsbesit bestuur die land se
hawens.
Die Hawe-ontwikkelingsplan wat vervat is in Transnet se Long Term Planning
Framework (LTPF) toon groot uitbreidings in kapasiteit vir alle vragtipes
in al die hawens. Terwyl sommige van die uitbreidings spesifiek is vir
landbouprodukte (bv die Oos-Londen se graanhysbak), maak uitbreidings in
vraghouer, verdeelde massavrag, vloeistof- en droëmassaterminale algemene
voorsiening vir landbou-invoere en -uitvoere. Hawekapasiteitsplanne i